(Jwplayer)

June 1, 2016

ANOTHER #FarmMurder: Man found his Afrikaner friend's bloodied body in his bedroom where he was shot seven times on Wednesday morning

GENOCIDE VICTIM: MURDERED: 
Brandt Steyn 
Attacked & shot 7 times in his home 
#StopWhiteGenocideInSA



Man kry vriend se lyk in plas bloed

’n Man het Woensdagoggend sy vriend se bebloede lyk in sy slaapkamer gekry waar hy sewe keer geskiet is.

Leroy Bender (26) het Woensdag omstreeks 08:00 op Brandt Steyn (in sy 40’s) se lyk op ’n hoewe in die Donkerhoek-omgewing naby Pretoria en Rayton afgekom. Hy het ondersoek ingestel omdat sy vriend se selfoon af was.

Steyn het in ’n plas bloed gelê.

Volgens Bender het Steyn se bure Dinsdagoggend kort ná middernag ’n paar skote gehoor.

Die buurtwag het vergeefs oor hul radio’s gesels om die bron van die skote op te spoor.

Bender sê Steyn het die afgelope drie tot vier maande alleen op die hoewe gebly.

Die polisie het nege patroondoppies en ’n paar patrone van ’n 9 mm-pistool en ’n ander handwapen op die toneel gekry.

Die aanvallers het deur ’n gat in die heining geglip en Steyn se huis se deur afgebreek.

“Hy het die fight van sy lewe opgesit,” het Bender Woensdag buite Steyn se huis gesê.

Die huis was deurmekaar en Steyn het klaarblyklik een van die aanvallers met ’n kombuismes gesteek. ’n Bloedspoor het in die rigting geloop waarheen die aanvallers gevlug het.

Steyn se skootrekenaar en beursie is gesteel, maar sy bakkiesleutels en selfoon het in die huis agtergebly. Die polisie het die beursie naby die huis teruggekry.

Bender vermoed die aanvallers is deel van ’n bende wat aan die einde van die maand toeslaan om werkers te beroof wanneer hulle betaal word.

Bender en Steyn het mekaar in 2003 ontmoet toe hulle albei in die boubedryf gewerk het.

Steyn het staalwerk gedoen en gespesialiseer in die installering van hekke en satelliete vir Openview HD-televisie.

Die laaste keer dat Bender hom gesien het, was sowat twee weke terug toe hy by Steyn gaan koffie drink het.

Bender sê Steyn was slim, vriendelik en het altyd almal probeer gelukkig hou.

“Hy was iemand wat net daarvan gehou het om mense te help en by te staan.”

Steyn word oorleef deur sy eksvrou en hul twee kinders, ’n tienerdogter en seun, wat in George in die Wes-Kaap woon.

Volgens kapt. Sarah Mcira, polisiewoordvoerder, is niemand in hegtenis geneem nie en ’n klag van moord word ondersoek.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1404572419569299&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA