(Jwplayer)

June 1, 2016

ANOTHER #FarmAttack: Afrikaner Strydom couple attacked & injured on a smallholding by a group of armed black attackers who first overpowered and tied up the workers before gaining access to the main residence

Dogs in the area were poisoned a week before...
Polisielede en vrywilligers wag op verdere inligting nadat die eerste arrestasies Vrydag gemaak is ná ’n  aanval op ’n  hoewe in die Lindquesdrift-omgewing.

#StopWhiteGenocideInSA

Fri-27-May-16 Smiley and Rens Strydom attacked on a smallholding by a group of suspects who first overpowered and tied up the workers before gaining access to the main residence. The suspects were armed with a handgun and knives demanding the victims hand over cash, jewelry and firearms. The victims were able to activate the panic button causing the suspects to flee with jewelry and cash. The community reacted to the incident and some of the suspects were detained. Dogs in the area were poisoned a week before (GP, Lindequesdrift)

https://facebook.com/story.php?story_fbid=1164398123604724&id=1032912406753297


Rowers oorval eers werkers, toe egpaar


’n Egpaar van die Lindequesdrift-omgewing, Smiley en Rens Strydom, is verlede week deur rowers in hul huis oorval in nóg ’n aanval op ’n  kleinhoewe. Die egpaar is na wat verneem is nie ernstig beseer nie, maar moes doktersbehandeling ontvang.
Die rowers het toegang tot die egpaar se huis verkry nadat hulle eers die werkers buite oorval en  in die huis ingedwing het, en hulle toe in die sitkamer vasgebind het. Die werkers is nie beseer nie.
Daarna is die egpaar in hul slaapkamer op die tweede verdieping van die huis oorval en met ’n vuurwapen en mes aangehou. Hulle is gedwing om die kluis oop te maak en vuurwapens, geld en juwele is geëis.
’n Struweling het ontstaan waarna mev. Strydom gesê het dat sy die sleutels moet gaan haal maar toe daarin kon slaag om die noodknoppie te druk wat aan die kluissleutels was.
Nadat die alarm afgegaan het, het die rowers paniekerig geraak en weggehardloop met die gesteelde kontant en juwele. Mev. Strydom het daarna na die bure gehardloop en hulp ontbied.
Alarm is gemaak en danksy die spoedige optrede van bure en mense in die direkte omgewing, asook die polisie,  lede van GPF Lindequisdrift noodgroep, Vaalrivier Rampbestuur, TLU en AfriForum, is arrestasies gemaak.
Die voorval het plaasgevind skaars ’n week ná twee voorvalle waar vier honde in totaal vergiftig is binne ’n  radius van 5km van waar die Strydoms woon.
Sarel van der Wat van Roepgroep 6 van Vaalrivier Brandbestuur, het na die voorval gesê mense moet die belangrikheid besef van daaglikse ingesteldheid op hul eie huishouding se veiligheid. Hy het mense ook aangemoedig om by bestaande veiligheidstrukture in hul direkte omgewing in te skakel en betrokke te raak.
Daar is reeds ’n week voor die voorval ’n  vergadering gehou tussen al die belangegroepe waartydens  samewerking onder mekaar bespreek is, asook die belangrikheid van kommunikasie, veral die gebruik van tweerigting radio’s om sodoende meer mense gelyktydig te kan bereik.
Hy sê lewens kan gered word indien daar samewerking en verdraagsaamheid tussen bure en inwoners van ’n  omgewing is, veral ook nou met die brandseisoen op hande. Hy het almal bedank wat ten tyde van Vrydag se aanval hulp verleen het.
Die verdagtes sou na verwagting vandeesweek voor die hof verskyn het.
Mense wat betrokke wil raak by die bestaande veiligheidstrukture, spesifiek in Roepgroep 6 en die Lindequesdrift-gebied, kan Sarel van der Wat skakel by 083 284 6392 of Jurie Schoeman by 083 373 6650

http://parysgazette.co.za/8165/rowers-oorval-eers-werkers-toe-egpaar/

#StopWhiteGenocideInSA