(Jwplayer)

May 6, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Koedoeskop: Afrikaner Swanepoel couple were attacked & assaulted by five blacks on their farm on Wednesday

GENOCIDE VICTIMS: Survived: Swannie en Santa Swanepoel 
#StopWhiteGenocideInSA

Swannie en Santa Swanepoel van die Sunward Ranch buite Koedoeskop in Limpopo is Woensdagoggend tydens 'n plaasaanval aangerand.

Slapende egpaar, bejaarde in plaashuis oorval

Die eienaars van 'n private wildplaas buite Koedoeskop in Limpopo was ure vreesbevange toe vyf gewapende mans hulle Woensdagoggend vroeg in die plaashuis oorval en met wapens aangehou het.

Santa Swanepoel (56) sê sy en haar man, Swannie (57), het Dinsdagaand op die rusbanke voor die TV aan die slaap geraak.Hulle besit die Sunward Ranch buite Koedoeskop.

"Net ná middernag het ons wakker geskrik met die mans wat vir ons staan ​​en vuurwapens op ons rig."

Die rowers het Swannie teen die kant van die kop geslaan. "My man het daar gelê en bloei.Dit was verskriklik erg, "het Santa gesê.

"Ons was baie bang en het nie geweet wanneer hulle 'n vuurwapen se sneller sou trek nie. Hulle het my 'n paar keer deur die gesig geklap en een het my ook met die vuis geslaan. Maar ek is oukei. "

Swannie se ma, Tina (76), wat by die egpaar bly, het in haar kamer geslaap. Sy is sieklik en verswak. Die rowers het haar uit die kamer gaan haal en hardhandig na die woonkamer gevat.

Swannie het die rowers gevra om sy geskokte ma terug te vat na haar kamer toe. Hulle het haar toe in haar slaapkamer vasgebind.

"Hulle het ons hande met kabelbinders vasgebind en die hele tyd hul vuurwapens op ons gerig," het Santa gesê.

Die rowers het die huis geplunder. "Hulle het alles waaraan jy kan dink, gesteel.

Hulle het gesê hulle soek wapens en geld, maar dit ook met TV's, klere, juwele, skoene en selfs 'n Springbok-rugbytrui in die egpaar se Toyota Hilux-bakkie gevlug. Hulle het ook 'n 9 mm-pistool gesteel.
Nadat die rowers weg is, kon die Swanepoels hulp ontbied.

Van die gesteelde goedere wat gesteel is tydens 'n plaasaanval Woensdagoggend vroeg by die Sunward Ranch buite Koedoeskop in Limpopo.

Oudkol. Sakkie Louwrens, wat deel is van die misdaadbestrydingsgroep Heritage Protection Group (HPG), en wagte van 'n veiligheidsmaatskappy, het blitsig gereageer.Hulle het die bakkie met behulp van 'n opsporingstelsel daarin gevolg totdat dit in Mamelodi buite Pretoria opgespoor is.

Louwrens sê al die gesteelde goedere en die bakkie is teruggekry. Die verdagtes het weggehardloop, maar 'n groot soektog is na hulle begin.

Santa sê dit lyk asof die rowers 'n venster naby 'n deur oopgebreek het en toe met iets wat sleutels van 'n muur afgehaak en by 'n deur ingekom het.

"Ons is nog baie deurmekaar. Ons het gehoor al die gesteelde goed is teruggekry, maar ons het nog niks gesien nie. "

Die polisie ondersoek 'n saak van gewapende huisroof en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die aanval kom enkele dae nadat Fritz van der Westhuizen (66) op 'n plaas in die Cumberland-distrik buite Thabazimbi met 'n graaf doodgeslaan is.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/slapende-egpaar-bejaarde-in-plaashuis-oorval-20160504

#StopWhiteGenocideInSA