(Jwplayer)

May 4, 2016

#FarmAttack: Couple were attacked, tied up and brutally assaulted by four armed black attackers in their house on a farm near Koedoeskop

The farm bakkie that was found in Mamelodi
#StopWhiteGenocideInSA
ʼn Egpaar van Limpopo is erg getraumatiseer
nadat hulle Dinsdagaand op ʼn plaas naby
Koedoeskop deur vier gewapende mans in hul
huis oorval, vasgebind en aangerand is.
Santa Swanepoel het Woensdag aan Maroela
Media vertel sy en haar man, Swannie, het op
rusbanke voor die televisie aan die slaap geraak
voordat die aanvallers ingekom het. “Ek het
wakker geskrik toe hulle hard skree en toe ek
my oë oopmaak, het vier mans met vuurwapens
voor my gestaan,” het sy gesê.
Die mans het vermoedelik een van die deure en
ʼn veiligheidshek oopgebreek om toegang tot die
huis te kry.Santa het gesê die mans het Swannie
dadelik
gegryp, rondgeruk en hom met een van die
vuurwapens teen sy kop geslaan, voordat hulle
hom met kabelbinders op die grond vasgemaak
het. Hulle het haar ook op die grond gedwing,
deur die gesig geklap en met kabelbinders
vasgemaak. Intussen is die aanvallers ook na ʼn
slaapkamer waar die egpaar se ma (79) geslaap
het.
Volgens Santa het hulle die matras opgelig
sodat haar ma op die vloer geval het, voordat
hulle haar na die woonkamer gedwing het. “My
ma is op suurstof en sy is so maer en broos. Ons
het hulle net aanhou smeek om haar asseblief
terug te neem kamer toe sodat sy by haar
suurstof kon uitkom,” het ʼn emosionele Santa
gesê. “Hulle het haar uiteindelik teruggevat, laat
lê met die duvet oor haar kop en oor haar kop
gekap sodat sy moet bly lê. Gelukkig het hulle
haar nie hard geslaan nie.”
Nadat die aanvallers Santa gedwing het om die
kluis oop te sluit, het hulle haar en Swannie op
die vloer laat lê terwyl hulle onder meer
televisiestelle, elektroniese ware, ʼn vuurwapen,
skootrekenaars, ‘n kragopwekker, selfone en
kontant uit die huis geneem en in die
Swanepoels se Toyota Hilux-bakkie gelaai het.
Hulle het kort daarna met die voertuig gevlug.
Die egpaar kon daarin slaag om op die
tweerigting-radiostelsel hulp te ontbied nadat
die aanvallers gevlug het. Al die gesinslede het
kneusplekke opgedoen, maar is nie verder
beseer nie. Volgens Santa is hulle wel baie
getraumatiseer deur die voorval.
Heritage Protection Group, ʼn nie-winsgewende
organisasie wat misdaad bekamp, het op hul
Facebook-blad gesê die Swanepoel-egpaar se
bakkie, met baie van hul besittings in, is later in
Mamelodi gevind. ʼn Verdagte is ook reeds
geïdentifiseer, maar dit is nie duidelik of
enigiemand al in hegtenis geneem is nie.
Maroela Media wag op kommentaar van die
polisie. Die naam van die egpaar se plaas word
op hul versoek weerhou. 
maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/egpaar-op-limpopo-plaas-oorval-aangerand/

#StopWhiteGenocideInSA