(Jwplayer)

May 16, 2016

#FarmAttack: Afrikaner farmer, Jan Steyn (35) attacked & seriously injured by a group of 8-9 black attackers whilst driving on his farm to check that the gates were locked

The black attackers damaged the vehicle with rocks before attempting to cut his throat. Jan and his wife were able to escape the property and go to the hospital
#StopWhiteGenocideInSA
Aanval op Boer van die Vrystaat. Foto nie vir sensitiewe kykers nie.
SA Rural Security

Sat-14-May-16 (15H00) Jan Steyn (35) Attacked whilst driving on his farm to check that the gates were locked by a group of 8-9 squatters. The squatters damaged the vehicle with rocks before attempting to cut his throat. Jan and his wife were able to escape the property and go to the hospital. When they returned their house was found ransacked. Police have not arrested anyone yet (FS, Xhariep District, Letsemeng Municipality, Jacobsdal, Paardeberg)

□ WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel. ʼn Boer van Paardeberg naby Jacobsdal in die Vrystaat is dankbaar hy leef  nadat ʼn groep plakkers op sy plaas hom glo Saterdag byna keelaf  gesny  het. Jan Steyn (35) het Maandag vlugtig met Maroela Media gepraat, maar weens ʼn erge snywond aan sy keel gou die foon aan sy vrou, Nadia (28),  gegee.  Sy het die aanval sien gebeur en het tot sy redding gekom. Nadia het aan Maroela Media gesê hulle het sowat twee jaar gelede die plaas gekoop waar hulle met swart boerbokke boer. Die egpaar het vier seuns, waarvan die jongste vyf weke oud is. Die egpaar het sedert hul intrek op die plaas hul hande vol met nagenoeg 40 plakkers wat meestal in  sinkhuise  op  ʼn gedeelte van die plaas woon en aandring op grond. “Ons word gereeld deur hulle gedreig en het dit al by die polisie aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie,” het Nadia gesê. Sy het gesê Jan het Saterdag omstreeks 15:00 met die seuns in hul bakkie gery om te gaan seker maak dat al die hekke op die plaas gesluit is. “My seuns het later by die huis in gehardloop en gesê ‘mamma, mamma, bel die polisie’. Ek het gaan ondersoek instel en gesien Jan staan by die hek naby die plaashuis. Die bakkie se vooruit was met klippe stukkend gegooi. Jan het buite die bakkie saam met een van ons seuns gestaan en glasstukke uit hulle gesigte gehaal.”

Nadia wou ondersoek instel oor wat gebeur het en het in die bakkie geklim en na die plakkers, sowat 500 meter van die plaashuis, gery. Sy wou by die plakkers uitvind waarom hulle die bakkie beskadig  het,  toe  Jan van die huis af aangestap kom sodat hulle die voorval by die polisie kan gaan aanmeld. “Skielik  toe  sak  so  agt  of nege van die plakkers op hom toe en begin hom skop en met klippe slaan. Een man het ʼn mes uitgepluk en gesê hy gaan hom keelaf sny.” Nadia het gesê sy weet nie wat die aanval  aangehits  het nie,  maar dat van die plakkers moontlik onder die invloed van alkohol was. Nadia het met die bakkie op die groep afgepyl en kon daarin slaag om Jan uit die groep se kloue te bevry en op die bakkie te laai, waarna sy met haar bebloede man na die Kimberley-hospitaal gejaag  het.  Die  gesin  het Saterdagaand in Kimberley deurgebring. Jan is Sondag ontslaan met verskeie  beserings,  onder  meer ʼn erge snywond aan sy keel. “Die dokter het gesê as die snyplek 1 cm laer was, sou hy dood gewees het.” Toe die gesin Sondag terugkeer na hul plaashuis was die deur oopgebreek en die huis omgekeer. Die krane was ook heeltemal oopgedraai sodat die huis oorspoel het. “Hulle het nie gekom om iets te  steel  nie.  Hulle  het  gekom om die huis te verniel. Hulle hoop seker dat as hulle ons dreig dat ons van die plaas sal vlug en dan kan hulle die grond kry.” Sers.  Fikiswa  Matoti,  polisiewoordvoerder,  het  aan  Maroela Media bevestig ʼn klag is by die polisie aanhangig gemaak. “Die Jacobsdal-polisie  is  besig  om  die voorval te ondersoek. Niemand is nog in hegtenis  geneem nie en die ondersoek duur voort,” het sy gesê. Nadia het intussen twee lyfwagte aangestel om die gesin teen die plakkers te beskerm.

http://maroelamedia.co.za/…/…/plakkers-sny-boer-byna-keelaf/
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1392493820777159&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA