(Jwplayer)

May 8, 2016

#AttackOnFarmersLivestock: SA farm murders grow more sadistic Even the farmers animals are not spared

Black thieves butcher 38 pregnant sheep while they are still alive on a Afrikaner farmer's farm in the Chrissiesmeer area
#StopWhiteGenocideInSA
'N berugte veediefstalsindikaat van Mpumalanga het Woensdagaand weer toegeslaan. Die boer, Johan Botha, sê dié keer is minstens 38 dragtige ooie in die Chrissiesmeer-omgewing geslag en na raming nog 40 skape gebuit.

Botha sê die veediewe het sy beste dragtige ooie geslag en volgens hom beloop die skade minstens R2 000 per skaap.

"Die diewe weet al dragtige ooie is die beste skape om te slag," sê Botha. "Die skape is in 'n baie goeie kondisie en die vleis is sag."

Danie du Plessis, streekvoorsitter van die TLU SA in Mpumalanga, sê die boere se geldelike verlies weens die veediefstalprobleem in die oostelike dele van Mpumalanga, wat Ermelo en Chrissiesmeer insluit, beloop vanjaar al R25 miljoen.

"En dit is vee wat slegs in die eerste paar maande van die jaar gesteel en geslag is."

Die modus operandi is telkens dieselfde: Veediewe jaag 'n klomp skape te voet na kampe op buurplase, slag van die skape op die plek en laai die karkasse in 'n voertuig wat gereed staan.

Volgens Botha is sy ooie se koppe en fetusse net so in die veld gelos.

"Die fetusse was al wollerig. Die ooie sou volgende week begin lam. "

Netwerk24 het in 2015 en gedurende die afgelope paar maande oor 'n paar voorvalle berig waartydens veediewe skaaplammers van boere in die Carolina- en Chrissiesmeer-omgewing met 'n heiningpaal (dropper) doodgeslaan het.

"Hulle slaan die lammers dood sodat daar nie 'n geraas is nie," sê Botha.

Hy sê boere in die omgewing het 'n paar jaar gelede opgeruk en betoog en daarna het die polisie gereeld die omgewing gepatrolleer.

Maar die afgelope tyd loop die boere weer deur.

"Ons verloor tussen 400 en 600 skape per jaar op ons plaas - en die meeste is weens veediefstal. Ons bure kry nog swaarder. "


Die ooie was dragtig. Foto: Facebook

Du Plessis beaam dit is vermoedelik die werk van dieselfde sindikaat, omdat hul werkwyse dieselfde bly. "Ons vermoed dit is in besonder die werk van 'n verdagte wat uit is op borgtog vir dieselfde dinge," sê Du Plessis.

"Ons eie werknemers is vermoedelik ook daarby betrokke," sê Botha. "Hulle hoef niks te doen behalwe om die sindikate van 'n selfoon af te bel en te laat weet waar die skape wei nie."

Een van Botha se vragmotorbestuurders is onlangs op heterdaad betrap waar hy veediewe uithelp.

Du Plessis sê die polisie en boere werk saam en die Dinsdagaand 'n suksesvolle operasie in Breyten, naby Chrissiesmeer en Ermelo, gehou.

"Heelwat gesteelde vee is teruggekry danksy die georganiseerde samewerking tussen plaaslike gemeenskappe, die polisie en die boere. Maar dit bly moeilik om al die gate toe te stop. "

Botha het die voorval by die polisie aangemeld. Die polisie se kommentaar 
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/veediefstal-dragtige-ooie-loop-weer-deur-20160505

#StopWhiteGenocideInSA