"I almost caught the bastard...unfortunately he got away"
NUUSFLITS: Inbraak “Ek het die bliksem amper gevang”
Die inwoner se arm wat beseer is nadat hy 'n inbreker probeer aankeer het.Die voorval het in die vroeë oggendure by ‘n huis in ‘n sekuriteitskompleks in Aquapark plaasgevind toe ‘n verdagte daar ingebreek het.
Hy het toegang tot die huis gekry deur die diefwering van een van die kombuisvensters te knip.
Die jongman, wat verkies om anoniem te bly, het onraad vermoed toe die alarm afgaan.
Hy het ondersoek gaan instel en die verdagte in die kombuis aangetref..
Die verdagte het geskrik en probeer om deur die diefwering, wat hy vroeër geknip het te ontsnap.
Die man het probeer om die verdagte terug te pluk aan sy voete, maar die verdagte het weggekom.
“Ek het die bliksem amper gevang,’ het die man gesê.’
Inbrake begin weer hoogty vier. En inwoners word gemaan om uiters versigtig en bedag te wees.
Die vinnige optrede deur die brawe man het verhoed dat die inbraak moontlik erger gevolge kon gehad het.
Die sekuriteits maatskapy sowel as die SAP word geloof vir hulle vinnige optrede.
http://letabaherald.co.za/21925/nuusflits-inbraak-ek-het-die-bliksem-amper-gevang/
#StopWhiteGenocideInSA