(Jwplayer)

May 19, 2016

#ATTACK: Missing Afrikaner teen found alive after being kidnapped, assaulted & drugged by 2 terrorists

Stephan Smit 
#StopWhiteGenocideInSA 

Dawid Stephan Smit (17), ʼn leerling aan Hoërskool Centurion in Lyttelton  wat  Woensdagmiddag spoorloos verdwyn het, het met die  polisie  sy  beweerde ontvoeringsnagmerrie gedeel nadat hy Donderdagoggend in Potchefstroom opgespoor is. 


Smit is  Woensdag as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 14:15 vir  die  laaste  keer  gesien  is  toe  hy na die gimnasium by sy skool, twee blokke vanaf sy ouerhuis, gestap het. Daar is onraad vermoed toe hy nie sy vriende ontmoet het om te gaan oefen nie. Sy foon was ook afgeskakel en sy bekommerde ouers en vriende kon hom nie opspoor nie. Sy ouers het ʼn vermistepersone-saak aanhangig gemaak, waarna die Pink Ladies, ʼn nie-winsgewende organisasie  wat  hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor,  plakkate  met sy inligting  daarop  versprei het.  

Die  polisie, gemeenskap en vrywilligers landwyd is vinnig gemobiliseer om na Stephan te help soek. Kapt.  Colette  Weilbach, polisiewoordvoerder,  het aan Maroela Media gesê Smit is Donderdagoggend met sy ouers herenig en het die middag by sy ouerhuis sy getuienis aan die polisie  gegee. 

“Volgens  Stephan was hy op pad na die gimnasium toe hy omstreeks 14:20 by ʼn park in Trichardtweg  in Lyttelton  deur twee onbekende mans genader is,” het Weilbach gesê. “Hy beweer die  mans het hom gegryp en gedwing om ʼn pil te drink. Hy het probeer om hom teë te sit, maar is aangerand, waarna die pil in sy keel afgedruk is.”
Stephan het gesê hy het daarna gedisoriënteerd gevoel. “Hy kan onthou dat hy in ʼn voertuig was en onthou dat die mans vir hom nog ʼn pil gegee het toe hy begin het om sy bewussyn te herwin.” Die seun beweer toe hy weer sy bewussyn herwin het, was dit donker en hy was alleen in ʼn veld naby Potchefstroom. ʼn Student het op hom afgekom waar hy langs die pad gestaan het. Sy het stilgehou  om hom te help, waarna sy hom na die Potchefstroom-polisiestasie geneem het. Die polisie  het  sy  ouers gebel. Hy het steeds sy selfoon by hom gehad, maar die battery was pap. “Hy kan tans nie die verdagtes, of die soort voertuig waarin hy was beskryf nie. Sy ouers het nog nie  ʼn ontvoeringsaak vir verdere ondersoek aanhangig gemaak nie. Sy ouers en onderwysers beskryf  hom as ʼn voorbeeldige kind en kan glad nie aan ʼn motief vir die misdaad dink nie.” 

Weilbach het gesê sy ouers het hul dank en waardering uitgespreek teenoor die polisie, die student  en almal wat help soek het na Stephan. Dessie  Rechner, stigter  en  direkteur  van die Pink Ladies, het ook haar dank en waardering uitgespreek  teenoor almal wat inligting  oor Stephan op sosiale media versprei het. “Ons is baie dankbaar dat hy veilig en ongedeerd gevind is. Laat die genesing begin,” het sy gesê.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/vermiste-centurion-tiener-vertel-van-ontvoeringsdrama/

#StopWhiteGenocideInSA