(Jwplayer)

May 2, 2016

#ATTACK: Kraageveld couple lucky to be alive after 4 black attackers attacked them at home

"I felt the cold barrel of a gun pressed against my head..."
GENOCIDE VICTIMS: Trudi, her husband Kevin Kraageveld and their two dogs Tyson en Rocky (the dogs were sprayed with pepper spray and later found that afternoon in a bush)
#StopWhiteGenocideInSA

‘Ek was magteloos om my vrou te help’

Port Elizabeth. - “Toe kom die vraag: ‘Wil jy doodgaan?’ . . . en ek voel die koue loop van die vuurwapen.”

Kevin Kraageveld van Kammapark bewe nog terwyl hy gister vertel van die rooftog waarin hy en sy vrou, Trudi, in hul huis oorval, vasgevind en beroof is.

“Alles het so vinnig gebeur. Ek weet net my oë was heeltyd op my vrou, want ek was só bang hulle maak haar seer.”

Volgens Kevin (59) het sy vrou die deur oopgemaak toe vier mans na hul tuinwerker gesoek het.

“Sy het verduidelik die tuinwerker werk nie vandag nie en het omgedraai. Die volgende oomblik het die vier mans binne die huis gestaan en my vrou oorrompel.”

Trudi (53) is deur die vier mans tot in die slaapkamer, waar Kevin gerus het, geboender. “My vrou is met my dasse aan die bed vasgebind en die mans het my hande en voete met iets vasgebind.

“Met my hande en voete vasgebind, het ek die koue loop teen my slaap gevoel. Ek het my vrou in die oë gekyk en net gedink: Ek is magteloos om haar te kan help,” het Kevin die nagmerrieondervinding herleef.

“Ek het geglo hulle sal my skiet, maar ek was net bekommerd oor wat hulle dan met my vrou sou doen.”

Ons arme twee Amerikaanse veghonde, Tyson en Rocky, is deur die rowers met pepersproei gespuit.

Die mans het die vuurwapen egter weggedraai en die huis begin plunder. Elke laai is oopgemaak en uitgegooi, en alle waardevolle elektroniese items, wat ’n televisiestel, selfone, tablet- en skootrekenaar insluit, is gebuit. Ook juwele, kontant en Kevin se .357-rewolwer is uit die kluis geneem.

“Ons arme twee Amerikaanse veghonde, Tyson en Rocky, is deur die rowers met pepersproei gespuit. Ek weet nie of die honde uitgejaag is en of die rowers die honde probeer steel het nie, maar die honde was ook weg.”

Danksy ’n oplettende buurman is ’n paniekknoppie gedruk en Atlas-sekuriteit was binne minute op die toneel.

“Die rowers was klaar weg, maar ons kon darem ’n foto van die twee motors kry waarmee hulle weggejaag het,” het Monty Montgomery, bedryfsbestuurder van Atlas-sekuriteit, gesê.

Tog was al die spoedige grondwerk van Atlas bykans verniet, meen Kevin, aangesien die polisie eers bykans vier uur ná die aanval by die toneel opgedaag het.

“Ons het die polisie onmiddellik laat weet. As hulle dalk soos Atlas vinniger hier was, kon hulle die twee wegkom-motors iewers in die omgewing opgetel het. Dis absoluut pateties,” het Kevin gesê.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê op die tydstip wat die saak aangemeld is, was Walmer-polisiebeamptes by drie motorongeluktonele, wat as gevolg van die weersomstandighede plaasgevind het. “Daar is sowat ’n uur later aan die klag aandag geskenk,” het Naidu gesê.

Intussen het Marizanne Ferreira, woordvoerder van die Dierewelsyn, ’n foto van die vermiste Amerikaanse veghonde op sosiale media versprei. “Binne tien minute het iemand die foto gesien en die honde iewers in bosse gekry. Tyson was glo angsbevange en Rocky se oë is effens geswel van die pepersproei,” het Ferreira gesê.

“Ek is so dankbaar my honde is veilig terug en nie gesteel nie,” het Trudi gesê.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1380763565283518&substory_index=0&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA