on April 30 - she was also the victim of an armed robbery in the Groenkloof Nature Reserve in Pretoria where she and her mother were brutally attacked & stabbed...
GENOCIDE VICTIM: Taschia Slabbert
#StopWhiteGenocideInSA
Onnie in selle oor sy smous ‘wil skiet’
’n Onderwyseres van Kempton Park wil ’n siviele eis teen die polisie instel nadat sy Dinsdagoggend gearresteer is omdat sy glo ’n opdringerige straatsmous met ’n gaspistool probeer skiet het.
Taschia Slabbert (25) se regsverteenwoordiger sê die polisie het na die Laerskool Jeugpark gekom en haar toe onder valse voorwendsels na die Norkem Park-polisiekantoor gelok. Hulle het gesê sy moet net ’n verklaring aflê, maar toe sy daar kom, is sy op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in hegtenis geneem.
Die arrestasie spruit uit ’n voorval op 5 Mei toe ’n smous by ’n verkeerslig glo groente by haar motorvenster ingedruk het in ’n poging om haar te dwing om dit te koop.
Slabbert het die smous toe met ’n gaspistool probeer skiet, sê kapt. Lesibana Molokomme, polisiewoordvoerder.
Slabbert was ’n paar dae voor die smousvoorval – op 30 April – die slagoffer van ’n gewapende rooftog in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria waarin sy en haar ma met messe gesteek is.
Die beheeraanklaer van Kempton Park het ná vertoë van Slabbert se regsverteenwoordiger, Hugo van der Westhuizen, besluit om die gaspistoolsaak nie op die hofrol te plaas nie.
Sy het opdrag gegee dat die saak eers deeglik ondersoek word, sê Van der Westhuizen.
Slabbert is toe ná byna ses uur in polisieaanhouding vrygelaat.
Die aanklaer se besluit is blykbaar onder meer gegrond op teenstrydighede in die dossier, sê Van der Westhuizen.
Volgens hom is Slabbert getraumatiseer en sal sy “ongetwyfeld” regstappe teen die polisie doen.
Beeld het vroeër berig oor die rooftog op Slabbert en haar ma, Melissa, in die Groenkloof-natuurreservaat.
Twee mans, elkeen met ’n mes, het op hulle afgestorm.
Die mans het Slabbert se kamera van haar nek afgeruk. Albei vroue het hulle teen die aanvallers verset. Die mans het ook die vroue se skoene afgepluk om dit vir hulle moeiliker te maak om weg te kom.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/onnie-in-selle-oor-sy-smous-wil-skiet-20160517
#StopWhiteGenocideInSA