(Jwplayer)

May 22, 2016

#ATTACK: Black attacker bites rings off Afrikaner woman's fingers, she was also kicked, dragged & punched in the face

GENOCIDE VICTIMS:
Joey Ferreira (69) was hit in her face. She had bruises around her eye, her jaw was swollen and her finger was bitten in the struggle...and Poena Gouws (right), attempted to help the woman and injured his arm when he fell
#StopWhiteGenocideInSA
Rower byt twee ringe van vrou se vinger af

’n Vrou van Pretoria wat drie maande terug gehoor het haar limfkanker is in remissie, drink nou ’n antiretrovirale middel nadat ’n rower haar Vrydag gebyt het.

Joey Ferreira (69) is ook aan die binnekant van haar mond gekrap toe een van die drie aanvallers sy hand in haar mond gedruk het.

Dis vermoedelik haar gille wat die aanvallers in ’n wit Audi A6-motor laat vlug het.

Die afgetrede Ferreira, wat in die Tshwane-metroraad se argitektuurafdeling gewerk het, sê sy het omstreeks 18:35 op haar erf stilgehou.

Sy en Ida Nel (62) woon in Hanaustraat, Mountain View in Pretoria-Wes.

Toe sy die hek wou toemaak, het drie mans by die erf ingestorm.

“Al drie het my gegryp en my geruk en pluk. Dit het gevoel of hulle my arms wil breek.”

Die mans het haar geskop. Hulle het ’n handvuurwapen gehad wat voor haar “rondgeswaai” het.

Die mans het gesê: “Move! Move!” en haar na die kombuisdeur gedwing.

Sy het met haar elmboë na hulle probeer kap.

Al drie het my gegryp en my geruk en pluk. Dit het gevoel of hulle my arms wil breek

Nel was in die huis en Ferreira het geskree: “Ida, help my!

Nel het die bure gebel.

Ferreira sê die drie het ’n “bietjie geskrik” weens haar gille, maar toe byt een haar aan die wysvinger om haar ringe af te kry.

“Dít het my die m**r in gemaak.”

Van haar drie ringe is haar ma se goue troupand en ’n silwer ring wat Nel van Nederland gebring het, afgevat.

’n Ander man as die byter het sy hand in haar mond gedruk, “seker om my stil te kry of my seer te maak”.

Haar mond het binne-in gebloei. Toe kry sy ’n harde hou op haar regteroog.

“Ek het my longe uitgeskree,” sê Ferreira. Die mans het verkas. Sy is bly die agterdeur se veiligheidshek was gesluit, anders sou die aanvallers daar ingaan.

Poena Gouws (42), wat oorkant bly, het aangehardloop toe hy die gille hoor.

Hy het gesien een van die rowers draf langs die bewegende Audi om by een van die deure in te klim. Die motor het weggejaag.

Gouws het op die sypaadjie geval en sy skouer ontwrig.

Die straat se inwoners was baie gou by Ferreira. Die polisie en die ambulanse wat haar en Gouws hospitaal toe geneem het, was ook gou daar.

“Dankie vir goeie bure,” sê Nel.

Gouws sê hulle klompie bure ken en help mekaar. “Ek sê altyd: al betaal jy my R20 miljoen, sal ek nie hier wegtrek nie.”

Sy kringtelevisiemateriaal by sy huis toon hoe die Audi oorkant die pad stilhou en drie mans uitklim op pad na Ferreira, maar die motor se registrasienommer is nie herkenbaar nie.

Ferreira sê sy het Vrydagaand die eerste ARV-tablet gedrink om te keer dat sy moontlik MIV opdoen.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/rower-byt-twee-ringe-van-vrou-se-vinger-af-20160522
http://rekordmoot.co.za/73015/womans-finger-bitten-in-mugging/

#StopWhiteGenocideInSA