(Jwplayer)

May 10, 2016

#ATTACK: Afrikaner man injured by unknown number of black' attackers after being hijacked in Pietersburg

Driaan du Plessis by sy  Hyundai I10, wat verlede week gekaap is.
GENOCIDE VICTIM: Driaan du Plessis #StopWhiteGenocideInSA

Dit het als so vinnig gebeur’ slagoffer

Pietersburg – “Dit het so vinnig gebeur, ek het nie eers kans gehad om te keer nie,” onthou hy.

‘n Onbekende aantal aanvallers het Du Plessis gekaap op die hoek van Thabo Mbeki en Landdros Maréstraat terwyl hy oppad huistoe was.

“Ek het vir die verkeerslig gewag  om oor te slaan toe ‘n man skielik my aan my kop gegryp het en dit teen die kant van die motor gekap het. Ek het inmekaar gekrul  van die onverwagse pyn toe hulle die motordeur ooppluk en my met geweld uit die motor ruk. Hulle het in my motor gespring en weggejaag. Toe ek kon opstaan wou ek eers die motor agternasit, maar het toe besef ek het pyn in my linkersy,” vertel hy.

Du Plessis se beursie en selfoon was in die motor, maar hy het ‘n tweede selfoon by hom gehad, hy het sy meisie gebel waarna sy en haar ma hom kom help het.

“Daar was verskeie ooggetuies wat die kaping sien gebeur het, hulle het my kom help .”

Hy is na die voorval na die polisiestasie om ‘n saak oop te maak waarna hy en sy pa in die stad rondgery het om te sien of hulle nie die motor moontlik iewers gewaar nie,  hulle het na ure se rondry op die gekaapte motor afgekom.

“Daar was geen skade aan die voertuig nie en gelukkig was my bestuurderslisensie nog in die motor, al wat gesteel was was my selfoon en my beursie.”

Du Plessis is later die dag na die hospitaal waar daar vasgestel is dat hy twee gekraakte ribbes aan sy linkerkant het en ligte beserings aan sy niere.

“Dit is ‘n dag wat ek nooit weer wil oorhê nie, ek is dankbaar dat die Here my gespaar het en dat ek my kar weer kon opspoor.”

Review het met die polisie die saak bevestig, daar is nog geen arrestasie gemaak nie

http://reviewonline.co.za/147984/my-ondervinding-tydens-n-hi-jack/

#StopWhiteGenocideInSA