(Jwplayer)

May 9, 2016

ANOTHER #MURDER: Afrikaner widow killed on Mother's day

GENOCIDE VICTIM: MURDERED: Annatjie's body was found in her church clothes on the floor of her bedroom. She had a wound to her throat.
#StopWhiteGenocideInSA
Toe die bejaarde Annatjie Kruger nie Sondagoggend vir kerk opgedaag het nie, het gemeentelede dadelik onraad gemerk. “Ek  wens mense kan eendag van my lewe só getuig dat as hulle my nie in die kerk kry nie, daar iets fout  is,”  het  Amor Adlem, Kruger se kleindogter, aan Maroela Media gesê. Kruger, ʼn jare lange inwoner van Orkney in Noordwes en weduwee van evangelis Pieter Ernst Kruger, se liggaam is Sondag laatmiddag in haar woonstel in Dickenslaan gevind. Sy het Dinsdag haar 89ste verjaardag gevier. Adlem, wat in Nelspruit in Mpumalanga woon, het gesê sy en haar ma, Thea Pringle, wat in Swaziland  woon, het Sondag begin onraad merk toe hulle Annatjie wou bel om haar ʼn gelukkige Moedersdag toe te wens, maar nie in die hande kon kry nie. “Ons praat gereeld met my ouma oor die telefoon omdat ons so ver is,” het Adlem gesê. “Ons het aanvanklik  gedink  sy is in  die kerk, maar toe haar gemeentelede ná kerk navraag doen oor waar sy was,  het ons geweet iets skort. Sy was altyd in die kerk en dit was deel van haar roetine.” Die gesin het by die buurvrou navraag gedoen wat gaan ondersoek instel het. “Sy het geklop, maar my ouma het nie die deur oopgemaak nie. Haar foksterriër, Lyla, het net van binne af geblaf en haar motor was weg.” Adlem het omstreeks 16:00 uit desperaatheid ʼn vriendin wat op die dorp woon en ʼn polisiebeampte  is,  gebel  en  gevra  of hulle  nie kan gaan ondersoek instel nie. Nadat Kruger se woonsteldeur oopgebreek is, het die polisie en Pringle se neef, Leon Jacobs, omstreeks 17:00 Kruger se liggaam in haar kerkklere op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Sy het ʼn snywond aan haar keel gehad.
Kruger se klein televisie  met haasoorantenna, ʼn selfoon ter waarde van skaars R300, beursie en haar motor, ʼn wit Mercedes met die registrasienommer HSR 643 NW, word vermis. “Lyla  het  my ouma nog probeer oppas toe die polisie daar aangekom het en wou diegene byt wat naby haar liggaam gekom het.” Lyla word tans deur Kruger se buurvrou versorg. Haar papegaai, Krappie,  is  in  die  sorg  van Adlem se polisievriendin. Adlem het gesê Kruger se buurvrou het nog Sondagoggend gehoor toe sy Lyla buitentoe laat gaan het.  Nog omliggende inwoners in die klein kompleks waar Kruger gewoon het, het gesê hulle het haar voertuig  nog voor 08:00 opgemerk en daarna aangeneem sy is daarmee kerk toe. Dit  is  nog nie duidelik  hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Adlem beskryf haar ouma as ʼn baie gelowige mens met ʼn goeie hart wat met die min pensioengeld wat sy verdien het, ander sou help. “Sy sou gereeld bestanddele aankoop en dan sop en broodjies aan hulpbehoewendes uitdeel.” Haar man is in 1979 in die Ou Apostoliese kerk in Orkney oorlede nadat hy ʼn diens gelewer het. Kruger het steeds daar eredienste bygewoon. “Ek  sal  haar onthou vir baie dinge, maar haar grootste nalatenskap is haar voorbeeld as mens met ʼn getroue verhouding met die Here. Sy laat ʼn groot leemte vir die familie en in die gemeenskap.” Adlem het gesê hulle sal Kruger se lewe gedenk. “Sy kon mooi klavier en orrel speel en het nog steeds  in  die  koor gesing. Ons sal haar daarvoor onthou.” Kruger se begrafnisreëlings  is  nog  nie  getref  nie,  maar sy sal langs haar man in die begraafplaas op die  dorp begrawe word. Sy laat  haar dogter, Pringle,  suster,  Meisie  van  Tonder, en drie kleinkinders  agter.  Hulle  is  Adlem, Bianca  van Biljon en Pieter van Biljon. Kol.  Sabata  Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak  van moord, roof en motordiefstal word deur die Orkney-polisie ondersoek. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en haar motor is steeds soek. Die polisie  doen ʼn beroep op die publiek om die Orkney-polisie by 018 473 2111 of kapt. Wilbers by 082 373 8216 te bel as hulle Kruger se motor opmerk.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bejaarde-weduwee-op-moedersdag-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA