(Jwplayer)

April 6, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Afrikaner farmer, Henning Joubert (53) was stabbed to death by black attackers on his farm in Groblersdal

GENOCIDE VICTIM: MURDERED: 
Henning Joubert (53)
#StopWhiteGenocideInSA

“My pa het as ʼn held gesterf. Hy het sy lewe gegee om drie ander mense se lewens te spaar. En dit is hoe ek hom altyd sal onthou.” So het Jo-ann Auret Woensdag gesê oor haar pa, Henning Joubert (53), wat Vrydag op ʼn plaas in die  Groblersdal-omgewing in Limpopo deur ʼn aanvaller met ʼn mes doodgesteek is. Maroela Media het vroeër berig 

dat  Joubert en sy vrou oorval is toe hulle Vrydagmiddag by die huis op die plaas  aangekom het. ʼn Struweling het tussen Joubert en die inbreker ontstaan en Joubert is verskeie  kere  met ʼn mes gesteek. Hy is op die toneel dood. Die inbreker is in die proses geskiet en is  volgens  inligting  van  die  polisie  steeds  in  ʼn  ernstige  toestand  in  die  hospitaal. 

Auret het Woensdag gesê die plaas het nie aan haar pa behoort soos vroeër berig is nie, maar was ʼn familieplaas  van  sy vrou, met wie hy onlangs getroud is. “Die oom en tannie [wat op die plaas bly] was nog in die dorp toe my pa-hulle daar aangekom het. My pa het in die huis ingegaan en is deur die  inbreker  oorval,”  het  Auret  gesê. “Ek  weet nie presies wat alles gebeur het nie, maar ek weet my pa het met alles in hom geveg om sy  vrou te beskerm. As hulle nie daar aangekom het nie, het die inbrekers dalk die oom en tannie ingewag.  My pa het hulle plek ingeneem, sy lewe vir hulle en sy vrou opgeoffer.” Volgens Auret is dit nie duidelik  of daar meer as een aanvaller by die voorval betrokke was nie, aangesien  Joubert se vrou slegs een aanvaller kan onthou. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie,  het  gesê  die  polisie  is  op  soek  na  nog verdagtes, maar is nog nie seker hoeveel verdagtes betrokke was nie. Slegs die een verdagte is tot dusver in hegtenis geneem.

Joubert  het by Eskom se Hendrina-kragstasie gewerk en laat sy vrou, twee dogters, skoonseun en drie  kleinkinders  agter.  “My  pa  was altyd ʼn groot deel van my lewe en sy goedkeuring was altyd vir ons belangrik,”  het  Auret gesê. “Hy het ons grootgemaak om onafhanklik te wees en ek dink die dag toe ek trou was hy verlig iemand het in my lewe ingekom wat altyd na my sal omsien. Hy wou seker  gemaak het daar is iemand wat altyd na ons sal kyk. Hy was my held.” ʼn Gedenkdiens vir Joubert sal Maandag in Middelburg gehou word. Joubert se vrou se naam word op versoek van die familie weerhou.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/groblersdal-plaasmoord-my-pa-is-n-held/

#StopWhiteGenocideInSA