(Jwplayer)

April 8, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Vaalwater: Afrikaner woman, Chrisca Pienaar (69) was attacked and shot in the neck, She managed to crawl to the house phone to contact her husband

Genocide Victim: Seriously Injured: Afrikaner woman, Chrisca Pienaar (69) who was shot by two black attackers during a farm attack in Vaalwater
#StopWhiteGenocideInSA


Die gemeenskap van Vaalwater het soos een man saamgestaan om hulp te verleen ná ’n plaasaanval die afgelope week.
Chrisca Pienaar (69), ’n bekende inwoner van Vaalwater, is op Vrydagmiddag, 1 April, ongeveer 12:30 by haar huis op die plaas Waterval, tussen Vaalwater en Modimolle, aangeval en in die nek geskiet.
Sy kon daarin slaag om na die huistelefoon te kruip en haar man te kontak. 
Hy het dadelik vir Christo Venter, voorsitter van die Vaalwater-gemeenskappolisiëringsforum (GPF), gekontak vir hulp.
“Ek het onmiddellik al die lede van die Vaalwater GPF laat weet dat daar hulp benodig word by die Pienaars en dat tannie Chrisca geskiet is. Dit was so net ná 13:00 Vrydagmiddag. Die eerste persoon wat gereageer het, was Willem Crause wat lid is van die Working on Fire-span,” het Venter aan Die Pos gesê.
“Ek was byna by die Pienaar-gesin se hek toe ek die hulproep ontvang en het dadelik ingery. Ek het by Koos van der Merwe, plaaseienaar, stilgehou en ons twee is saam na die Pienaars se huis. Daar het tannie Chrisca dit gelukkig reggekry om die deur vir ons oop te maak,” het Crause gesê.
“Ons het toe reeds besef dat die verdagtes weg is en het die res van die GPF-lede van Modimolle, Vaalwater, Alma en Swaershoek, gekontak om paaie te begin sluit en helikopters in die lug te kry. Ek het ook vir Sakkie Lourens van die Heritage Protection Group (HPG), gekontak vir hulp, asook die polisie — hulle was almal spoedig op die toneel.”
Volgens Crause was daar baie gou byna 100 GPF-lede by die soektog betrokke, asook drie helikopters. 
“Ek wil almal wat kom help het, bedank, veral die vlieëniers wat ons met die soektog bygestaan het, Lambert van der Westhuizen, Colin Davey van Romaco Ranch en Apie Kotzee wat ons van ná 17:00 af met sy nagsig kom help het,” het Crause gesê.
“Die twee verdagtes is teen ongeveer 22:00 die Vrydagaand op Alma aangekeer. Een was in ’n taverne en die ander een in ’n voertuig. Ons het ’n 6.35-handwapen, Chrisca se selfoon, asook ander goed teruggekry,” het Lourens van HPG aan Die Pos gesê. “Die .22-geweer is by die Pienaars se huis gevind waar dit agter ’n muur versteek was.”
“’n Speurder en die stasiebevelvoerder van die Rankins Pass-polisiestasie, in samewerking met Sakkie Lourens en die span van HPG) het die verdagtes aangekeer. 
“Die twee verdagtes het reeds op Maandag, 4 April, in die hof verskyn,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, aan Die Pos gesê.
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36240/2016-04-08/gemeenskap-staan-saam-na-plaasaanval

ALSO READ:
Afrikaner farmer stabbed to death and 
a Afrikaner woman seriously injured in 
two separate farm attacks within hours
 in Limpopo...

#StopWhiteGenocideInSA