(Jwplayer)

April 11, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Three injured after five armed black attackers open fire on a farm near Cape Town



Rowers wond drie in skietery op plaas:
Drie mans is die naweek in 'n skietery beseer toe vyf gewapende rowers op 'n plaas naby Macassar buite Kaapstad toegeslaan het.

Die presiese omstandighede rondom die voorval Saterdag omstreeks 09:15 op die plaas Sandvlei word nog ondersoek, maar daar word vermoed dat die rowers 'n sakeman wou beroof wat die oggend op die perseel besig was om geld te tel.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, 'n provinsiale polisiewoordvoerder, het die rowers met leë hande op die vlug geslaan en is nog soek.

Van Wyk het gesê die 42-jarige sakeman het Saterdagoggend geld by 'n OTM in die gebied getrek en hy het dit na bewering getel toe die rowers by die deur ingestorm en begin skiet het. Die sakeman is in sy arm gewond.

Luidens 'n verklaring van die nooddiens Netcare 911 is die bure se seun ook in die kruisvuur gewond. Hy was na bewering in die stort toe 'n dwaalkoeël hom in die hand getref het.

'N Ander man is ook in die voorval beseer toe glasstukke hom in die gesig getref het.

Van Wyk het gesê die polisie ondersoek in dié stadium 'n saak van poging tot moord en roof.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao. Carl Rosenberg, by 076 819 5669 of 021 857 7108 te bel.

Bel ook Stop Misdaad by 08600 10111.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/rowers-wond-drie-in-skietery-op-plaas-20160410

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA