(Jwplayer)

April 17, 2016

#FarmAttack: #LandGrabsInSA: Farmer moved his family to a place of safety after black land invaders set alight large parts of land and threatening to burn down entire farm should he offer resistance


Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ʼn tydelike interdik toegestaan  om onwettige grondbesetters in Bronkhorstspruit van die betrokke eiendom te verwyder. Dit  het gevolg nadat AfriSake deur van sy lede ingelig is dat eiendomsbesettings tans in dié omgewing plaasvind, waarna die organisasie ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof gebring het.  

Verdere bewys hiervan het na vore gekom op Facebook, waar beweerde EFF-lede boodskappe geplaas het waarin individue opgeroep word om stukke grond in die omgewing te beset.

 AfriSake  het verneem dat die eienaars van ’n maatskappy wat deur die eiendomsbesettings geraak is,  glo  aangerand,  gedreig  en  geïntimideer  is  toe  hulle  die  onwettige  besetters  op die eiendom probeer nader het. ’n Saak van aanranding is aanhangig gemaak teen die aanvallers, wat egter op hulle  beurt  ’n  saak  van aanranding teen die eienaars van die grond aanhangig gemaak het. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

 ’n  Naburige boer se eiendom is ook geraak en dele van sy weiding en veevoer is na bewering aan die  brand gesteek deur die onwettige eiendomsbesetters. Volgens die boer het sommige van sy plaaswerkers  hom gewaarsku dat indien hy weerstand sou bied, sy eiendom glo tot op die grond afgebrand sal  word. Die boer het intussen sy gesin verskuif na ’n plek van veiligheid, in afwagting van die uitslag  van die hofaansoek. 

Volgens AfriSake kon die polisie glo nie daarin slaag om die onwettige besetters te verwyder nie en kon hulle ook nie enige verdere hulp en bystand verleen aan die betrokke eienaars nie.

“Nadat die eienaars van die onderskeie eiendomme met ons in verbinding getree het, kon ons nie net  terugsit  en  die  gebeure ongehinderd laat voortgaan nie, aangesien dit ’n regstreekse skending van ons grondwetlik beskermde eiendomsreg is,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake,  gesê.  “Suid-Afrika  het  tans  te  make met groot onsekerheid ten opsigte van die veiligheid en beskerming van eiendom in die land.” Die saak sal op 1 Junie weer aangehoor word.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/interimbevel-teen-grondbesettings-in-bronkhorstspruit/

#StopWhiteGenocideInSA: