(Jwplayer)

April 4, 2016

#FarmAttack: Family assaulted by terrorists with bricks on their smallholding near Bloemfontein

GENOCIDE VICTIMS: Connie Hickley (72), his wife, Magda (69), and their disabled son, Johann (51), who was attacked & assaulted by four terrorists on their smallholding on Friday 

#StopWhiteGenocideInSA


Bloemfontein. – ’n Bejaarde vrou het tot haar verstandelik gestremde seun se redding gekom toe ’n groep mans hom op hul kleinhoewe in Bloemspruit buite Bloemfontein met bakstene aangeval het.

Magda Hickley (69) en haar man, Connie (72), van Martinweg is Vrydagaand deur vier mans aangerand nadat hul seun, Johann (51), verskeie keer met bakstene oor die kop geslaan is.

Die booswigte het hulle ook verskeie keer met ’n BB-geweer geskiet.

Magda sê haar seun het om 01:00 gehoor die honde blaf en na buite gegaan. Dit is toe dat die mans hom oorval het.

Hulle het hom aan sy T-hemp rondgesleep terwyl hy half bewusteloos op die grond gelê het. Toe Magda uithardloop om haar seun te red het die mans haar ook aangeval. “Ek het my kind probeer beskerm. Ek het geweet as hulle hom van my wegkry, sal hulle hom doodslaan.”

Sy het toe geskree: “Johann, Johann, Johann staan op!” terwyl die mans op haar geskiet het.

“Ek het gedink my kind is dood.”

Die tenger vrou het een van die mans met die vuis geslaan, maar hy het haar met ’n baksteen geslaan. Toe Connie uithardloop en op hulle skree en vloek, is hy ook met ’n baksteen gegooi. Die mans het weggehardloop toe hy hulle jaag.

“My man het my lewe gered. As hy nie uitgekom het nie, sou hulle my doodgemaak het,” sê Magda.

Connie sê polisielede het later opgedaag.

Hy sê grappenderwys hy wil Sylvester, die rondloperleeu van die Karoo, kry om hulle teen rowers te beskerm.

Die gesin is in die Pelonomi-hospitaal behandel. Johann se kakebeen was so beseer dat hy skaars kon praat, sê Magda.

Magda is in haar linkerskouer en -been geskiet en met ’n baksteen teen haar linkerbors gekap.

Die mans het net met ’n graaf en skopgraaf weggekom.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/ouers-red-gestremde-seun-toe-mans-gesin-op-hoewe-aanval-20160403

#StopWhiteGenocideInSA