GENOCIDE VICTIM: Afrikaner woman, Jamie Odendaal
#StopWhiteGenocideInSA
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die Odendaals van Brenton-on-Sea het Sondagmiddag die jongste slagoffers geword van boosdoeners wat wandelaars op Diasstrand vir etlike maande al, gereeld teister.Jamie (52) en haar man Derek (60), het glo Sondag omstreeks 17:30 op die strand gaan stap, toe 'n gewapende man hulle probeer aangeval en probeer beroof het.
"Ek was 'n entjie voor my man met my kamera en het seevoëls afgeneem, toe ek my man hoor skree. Toe ek omkyk, was daar 'n man met 'n lang mes, amper soos 'n broodmes, wat handgemeen geraak het met my man.
Ek weet nie waarvandaan hy gekom het nie, maar vermoed uit die nabygeleë bosse," het Jamie Maandag by die kantore van die Mossel Bay Advertiser vertel. Sy sê haar man moes omtrent koes om sy aanvaller se kaphoue te probeer vermy.
Volgens Jamie het die man, toe op haar afgestorm, soos sy vermoed om haar kamera te bekom.
"Ek het net begin hardloop en hom toe darem ontglip. Hierna is hy terug na my man toe, maar toe hy sien hy gaan hom nie baasraak nie, het hy bosse toe gehardloop en verdwyn."
http://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/162181/Nog-n-aanval-op-Diasstrand
#StopWhiteGenocideInSA