(Jwplayer)

April 19, 2016

#ATTACK: A father & daughter were attacked after the vehicle broke down on N2 highway, north of Durban, the daughter (19) was assaulted with a brick



ʼn 19-jarige vrou is Sondagaand met ʼn baksteen
voor haar pa aangerand tydens ʼn beweerde
mislukte kapingspoging in die noorde van
Durban.
Volgens Neil Powell, direkteur en woordvoerder
van Crisis Medical, het die bakkie waarin die
vrou saam met haar pa gery het, vermoedelik
onklaar geraak op die N2-snelweg naby die M19-
wisselaar.
“Die pa en dogter het glo die bakkie probeer
herstel, toe ʼn tweede voertuig stilgehou het om
‘hulp aan te bied’. Die pa en dogter het die hulp
van die hand gewys, waarna die verdagtes hulle
van hul persoonlike besittings wou beroof en
vermoedelik die bakkie probeer kaap het,” het
Powell gesê.
Die vrou is tydens die voorval met ʼn baksteen
aangerand voor die verdagtes gevlug het. “Die
dogter het geringe beserings opgedoen. Sy is op
die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal
geneem vir waarneming. Die pa is ongedeerd.”
Die polisie ondersoek die voorval. 
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dogter-tydens-kapingspoging-met-baksteen-geslaan/

#StopWhiteGenocideInSA