(Jwplayer)

April 5, 2016

#ATTACK: Afrikaner pensioner (88) tortured for days... She narrowly escaped death after being repeatedly hacked with an axe... court hears

"Psalm 23 kept Pinky Strydom alive..."
Afrikaner woman, Ms Pinky Strydom (88), one of White River’s most well-known residents, was attacked on October 11, 2014 in her garage by two black attackers. She was dragged through her home, repeatedly hacked with an axe & locked up in a small, dark room without any food or water. Her grandson discovered her two days later, badly injured and dehydrated...




Kleinseun getuig hoe hy beseerde Ouma Pinky (88) bevry

Die getuienis van mnr. Roelof Duvenhage, die kleinseun van me. Pinky Strydom (88), is Donderdag in die Nelspruit Streekshof aangehoor.
Strydom is op 11 Oktober, 2014, in haar motorhuis oorval. Sy is herhaaldelik met ‘n byl gekap, haar keel is toegedruk en sy is deur haar huis oor matte gesleep totdat sy vel-af was.
Die beseerde bejaarde is in ‘n donker kamer sonder kos, water of ablusiegeriewe toegesluit, met net die Woord wat sy gememoriseer het om haar te voed. Duvenhage het twee dae later op haar afgekom.
“Hy het my lewe gered,” het sy in November in die Nelspruit Streekshof getuig, waar die staat se saak teen mnr. Steve Seerane en mnr. Milton Masuku voortgesit is. Hulle ontken skuld met betrekking tot die voorval.
Lees meer oor haar getuienis hier: Psalm 23 hou Pinky Strydom aan die lewe
Duvenhage het op 13 Oktober om 11:00 by sy ouma gaan kuier. Toe hy die hekklokkie lui, was daar geen reaksie nie. Hy het oor die hek gespring is na die voordeur toe. “Die veiligheidshek was gesluit, maar die huis se houtvoordeur het oopgestaan. “Ek het onraad vermoed en dadelik om die huis beweeg. Die gastekamer se venster was oop,” het hy getuig.
Daar het iemand op die bed gelê. “Daar was bloed teen die mure en op die mat. Ek het na haar toe uitgeroep, maar daar was geen reaksie nie,” het hy getuig. Duvenhage het nader geleun en haar aangeraak. Sy het verskrik omgedraai op die bed. Sy ouma het na haar asem gesnak en regop gesit. “Daar was bloed op haar gesig – op haar voorkop, wang en neus,” het hy gesê. Hy sou later ook merk dat haar voete bebloed was as gevolg van ‘n bylhou op haar enkel.
Sy ouma het na hom toe uitgereik. Sy was beangs, maar hy het haar gemaan om rustig en stil te wees, bevrees dat die aanvallers dalk nog in die huis kon wees. Strydom het verduidelik dat die aanval reeds twee dae gelede gebeur het.
Duvenhage moes ‘n veiligheidshek breek om toegang tot die huis te verkry en het hom na sy ouma gehaas. Die sleutel waarmee hulle haar gevange gehou het, was steeds in die deur se slot. Die polisie en paramedici is ontbied.
Terwyl hy op hul gewag het, het Duvenhage die huis se ligte aangeskakel. Sleepmerke in bloed het getuig van ‘n wrede aanval. Duvenhage het getuig dat die matte vol daarvan was, asook die buitestoepie en handdoeke in die badkamer. “Die afstand tussen die motorhuis en die kamer waarheen sy gesleep en waarin sy toegesluit was, is tussen 30 en 31 meter in lengte,” het Duvenhage gesê.
Die polisie het die toneel en die erf gefynkam vir leidrade. ‘n Stuk in die veld is uitgewys waar die verdagtes vermoedelik tyd vertoef het voor die aanval. Hulle het ook op ‘n sak afgekom. “Daar is ‘n mes, bruin plakmateriaal – die soort wat ‘n mens gebruik om ‘n boks mee toe te plak en kondome uitgehaal.”
Duvenhage wonder vandag nog waarom hulle sy ouma só onmenslik moes martel. “Dis nie lekker wanneer iemand so na aan jou byna vermoor word nie. En dit vir iets so klein soos ‘n televisie of ‘n selfoon? Dit laat my steeds snags wakker lê,” het hy gesê.
http://lowvelder.co.za/325257/kleinseun-getuig-hoe-hy-beseerde-ouma-pinky-88-bevry/

#StopWhiteGenocideInSA