(Jwplayer)

April 14, 2016

ANOTHER #MURDER? Missing mother, Rita Vickery (67) body was found by two security guards near the old Pretoria cemetery

ze152-1rs
Rita Vickery with her ​​children Estelle, Ronel and Andre.
#StopWhiteGenocideInSA

Terwyl familie soek, is ma reeds dood

“Was sy alleen, het sy koud gekry, was sy honger, was sy bang?…”

’n Vloedgolf van emosies het deur André Vickery geruk terwyl hy hierdie vrae vra. Na ’n week se wanhopige gesoek is sy grootste vrees Saterdag 9 April bewaarheid.
Sy ma, me. Rita Vickery (67) se liggaam is vroeg Donderdag 7 April deur twee sekuriteitswagte langs die ou Pretoria begraafplaas gekry.

Vickery se liggaam is na die staatslykshuis geneem.
Omdat sy geen dokumente aan haar gehad het nie, kon niemand haar familie laat weet nie.
Op Facebook is talle foto’s van Vickery geplaas en sonder ophou het haar familie nog steeds na haar gesoek, min wetend dat hul ma reeds dood is.

Op Vrydag 8 April het ’n joernalis van WITBANK NUUS ’n foto van die toneel gekry.

“Die vrou se gesig het so bekend gelyk, ek het geweet ek het haar iewers al gesien,” het die joernalis gesê.

Nadat sy die familie se plasings op Facebook en Vickery se foto gesien het, het sy geweet dis dieselfde persoon.

“Dit was ’n emosionele tweestryd. Hoe stuur jy ’n foto van ’n liggaam aan die familie sodat hulle hul ma kan uitken?”

Saterdagaand na ’n gesprek met me. Cornel van der Merwe, André se verloofde, het die joernalis die foto aangestuur.

“Ek wou flou word toe ek my skoonma herken. Dit was so onwerklik, dis nog steeds soos ’n fliek wat afspeel,” het Cornel gesê.

André het vertel dat hulle Maandag 4 April op Zello vir hulp moes vra omdat sy ma wat aan Alzheimer gely het, buite beheer geraak het. As gevolg van progressiewe siekte wat stelselmatig die brein aftakel het sy gereeld woedeuitbarstings gehad en het ook weggeloop. Sy kon nie haar weg terug huis toe vind nie, want sy het vergeet waar sy bly.

“Sy het by my broer en sy gesin op Clewer gebly. ’n Staatsambulans is uitgestuur om haar te sedeer en na Witbank Hospitaal te neem sodat ons vir haar hulp kon kry,” het André vertel.

Hy het gesê hy het vroeg Dinsdagoggend hospitaal toe gegaan om sy ma te gaan besoek en uit te vind of daar iets vir haar gedoen kan word.

“By die opnames was daar geen rekord dat sy opgeneem was nie. Ek het van saal tot saal geloop en soek, dit was tevergeefs. Ek kon haar net nêrens kry nie.”

Die volgende dag het André ’n taxi geneem en weer hospitaal toe gegaan.

“Ek het weer gaan kyk, die keer het ek onder my ma se volle name Magrietha Susanna Vickery, gaan soek. Daar was niks nie. Ek het weer in elke hoekie in elke saal gaan soek, maar sy was weg …” André se droë snikke het die res van sy woorde ingesluk.

Cornel het elke dag plasings op Facebook gemaak en ’n foto van Vickery rondgestuur in die hoop dat iemand haar sou herken.

“Ek kan dit nie ‘rewind’ nie, my ma is dood. Die manier waarop sy dood is, is die rede vir die nagmerries in die nag,” het André gesê.

Hy het gesê die gesin bly al jare in die omgewing, eers op Wilge, toe Bank Colliery en hulle het later na Clewer verhuis.

“Almal het my ma geken. Sy was ’n ystervrou met die sagste hartjie. Alzheimer het my ma ’n ‘onbekende monster’ gemaak.”

“My lief onthou jy hoe lief sy vir teddiebeertjies was? Sy het ’n hele kot vol teddies gehad,” het Cornel gesê terwyl sy André se trane afgevee het.

André het gesê sy laaste gesprek met sy ma het op 1 April plaasgevind’

“Ek is ’n karwag by Checkers Hyper in Klipfontein. Hulle het kom inkopies doen en sy het by my kom sit en gesels. Sy het gesê sy verlang verskriklik baie na my pa wat twee jaar terug dood is. Ek het haar hand styf vasgehou en gesê, ‘Mamma, dis nie nou jou tyd nie. Ons het nog so baie om te doen, ek wil Mamma nog ’n hele rukkie by my hê’.”

Vickery was vroeër vanjaar ook soek. Sy het op haar verjaarsdag op 23 Februarie ‘verdwyn’.

“Iemand het haar langs die Ogies-pad afgelaai. Pink Ladies, ’n organisasie wat help om vermiste persone te soek, het haar die Vrydag in Springs opgespoor,” het Cornel gesê.

“Dit is elke dag seer, elke dag feitlik ondraaglik om te dra. Ek wens ek kan haar een laaste keer vashou. Miskien sal die wind hierdie boodskap na haar toe aandra, “Mamma, ek is lief vir jou …..”

Vickery laat haar seuns André, Nico en Marius en haar dogters Estelle en Ronel asook vyf kleinkinders agter.
Die Departement van Gesondheid is genader om vas te stel hoekom Vickery nie in die hospitaal opgeneem was nie.
In sy nadoodse ondersoekverslag het dr. Xola Kanta Maandag 11 April aangedui dat Vickery onnatuurlik dood is.

“Dit kan wees dat sy dood is nadat sy aan die natuur se elemente blootgestel was, onthou dit was verlede week koud gewees in die nag,” het kapt. Eddie Hall polisiewoordvoerder gesê.

Hy het gesê Vickery het geen uitwendige beserings gehad nie, sy is nie verkrag, aangerand of vermoor nie.
http://witbanknews.co.za/66125/terwyl-familie-soek-is-ma-reeds-dood/?utm_content=buffer3cb62&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=buffer

#StopWhiteGenocideInSA