(Jwplayer)

March 23, 2016

SA Hunters takes SA Police Service to Court about Firearm Licence Renewals


#StopWhiteGenocideInSA
SA Jagters neem regstappe teen die polisie oor die hernuwing van vuurwapenlisensies


Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) sê in ’n mediaverklaring hy het “ ’n aansoek in die Noord Gautengse Hooggeregshof gebring teen die Minister van Polisie oor die arbitrêre hantering van laat aansoeke om vuurwapenlisensies te hernu.
Die doel is om die staat te verplig om twee artikels van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) te wysig. Met die inwerkingtreding van dié wet moes alle vuurwapenlisensies teen 30 Junie 2009 hernu word, aangesien alle lisensies op dié dag sou verval en sodoende laat aansoekers sou kriminaliseer.
SA Jagters het in die geval ook hofaansoeke teen die polisie gebring waarin versoek is dat “sekere van die oorgangsmaatreëls wat in Wet 60 vervat is, ongrondwetlik verklaar word. In ’n gepaardgaande dringende aansoek is die Hooggeregshof versoek om alle lisensies wat ingevolge die vorige wet uitgereik is, as geldig te beskou totdat die hoofaansoek afgehandel is”.
Die Hof het die aansoek in SA Jagters se guns beslis en en die hoofaansoek is nie verder gevoer nie. In 2011 het die eerste vuurwapenlisensies wat ingevolge die nuwe wet uitegreik is, verval, maar die wet maak nie voorsiening daarvoor dat daar laat aansoeke weens geldige redes kan voorkom nie.
Die wet vereis dat daar 90 dae voor die verval van die lisensie om hernuwing aansoek gedoen word. “Sedert 2011 het die SAPD egter laat aansoeke vir die hernuwing van lisensies aanvaar, verwerk en nuwe lisensies uitgereik,” lui die verklaring.
Vroeër vanjaar het die waarnemende polisiehoof, lt.genl. J. K. Phahlane, ’nkennisgewing aan polisiestasies landwyd gestuur waarin hy aandui dat diegene wat nie betyds vir die hernuwing van hul vuurwapenlisensies aansoek gedoen het nie, hul vuurwapens by hul naaste polisiekantoor moet inhandig om vervolging te vermy.
Dié kennisgewing het meer onsekerheid oor die hele proses tot gevolg omdat “ ’n individu wat gister nog ’n laat aansoek kon indien, vandag gepenaliseer en indirek gedreig met vervolging”. Sowat 123 000 lisensies is reeds nie betyds hernu nie.
Die hofaansoek wat SA Jagters nou bring versoek die hof onder meer om “alle nuwe lisensies wat reeds verval het, as geldig te ag totdat die wetswysiging vir ’n hersiene hernuwingproses in werking getree het”.
#StopWhiteGenocideInSA