(Jwplayer)

March 7, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Afrikaner woman, Cecilia Cilliers on the plane to Cape Town, where she will start the week with rehabilitation for her brain injury after brutal farm attack

Genocide Victim: Taléta Willer and her mother, Cecilia Cilliers,  on the plane to Cape Town
#StopWhiteGenocideInSA

Op herstelpad ná plaasaanval 

Sy sal nooit die oomblik vergeet toe haar ma ná die plaasaanval weer met haar kon praat nie, sê Cecilia Cilliers se dogter Taléta Willer.

“Sy het twee weke gelede begin wakker word uit haar koma. Sy kon toe nog nie praat nie as gevolg van die trageotomiebuis in haar keel (’n pyp in jou keel wat jou help om asem te haal). Maar ek kon in haar oë sien sy herken my. Sjoe, dit was waarskynlik die emosioneelste dag van my lewe.

“En toe sy die eerste keer met ons praat . . . ! Dit nadat die spesialiste ons gewaarsku het dat sy dalk nie sal kan praat of loop nie en dat haar persoonlikheid waarskynlik heeltemal gaan verander weens die breinbesering. As wonderwerke bestaan, is dit beslis een,” het ’n emosionele Willer eergister gesê.

Cecilia en haar man, dr. Bennie Cilliers, is op 29 Januarie op hul plaas Gouda naby Rouxville aangeval. Dr. Cilliers is op die toneel dood en Cecilia het veelvuldige beserings opgedoen, waaronder ’n fraktuur van haar linkerarm, ribfrakture, sagteweef-selbeserings aan die linkerkant van haar liggaam, ’n skedelfraktuur en breinbesering aan die linkerkant van haar kop.

Sy is die afgelope week uiteindelik uit die Mediclinic in Bloemfontein ontslaan en na Kaapstad oorgeplaas om met rehabilitasie vir die breinbesering te begin.

“Daar word gesê as iemand uit ’n koma bykom, is dit asof hulle met ’n nuwe lewe begin. Dit was asof sy Maandag vir die eerste keer regtig wakker was.

“Die personeel het vir ons verduidelik wanneer iemand uit ’n koma kom, is dit soos om uit narkose wakker te word. Sy was deurmekaar en het nie mooi verstaan toe ons vir haar gesê het my pa is dood nie. Maar Maandag het sy gesê sy verstaan.

“Dit was ’n geweldige emosionele oomblik, ook omdat sy besef het sy het ’n breinbesering. Maar ná dit alles kry ek weer my ma terug, en dit is ongelooflik.”

Die feit dat haar ma nou eers van haar pa se dood bewus raak, beteken dat die kinders eintlik weer die skok van hul verlies beleef.

“My ma is nou waar ons ’n maand gelede was. Dis baie hartseer en daar lê nog ’n lang pad voor. Ons is kwaad en hartseer. Dit moes nie gebeur het nie.”

Willer sê haar ma is vasbeslote om gesond te word.

Sy het selfs gegrap met die fisioterapeut en gesê: “Luister hier, jy moet nou sorg dat jy jou werk doen sodat ek weer kan gholf speel.”

“My ma is ’n vegter en ’n sterk vrou, maar soos my broer Pieter sê, nou leer ken ons haar fighting spirit op ’n ander manier.”

Terwyl Willer na haar ma omsien, sorteer haar broers, Pieter en Hans, die plaas en ondernemings uit en haar suster, Lize, help met die praktiese reëlings.

“Ons kan nou ten minste op ’n manier weer aangaan met ons lewe. Ons moet nou uitfigure hoe leef ’n mens met dit alles saam.”
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/ek-het-weer-my-ma-terug-20160305

ALSO READ:
Farmer who was shot in the head and chest, dies, the wife also shot in the head is still fighting for her life in hospital
#StopWhiteGenocideInSA

#StopWhiteGenocideInSA