(Jwplayer)

March 15, 2016

#FarmMurder: FARM MURDER: Waterval Boven, MP. Farm guard murdered. More info to follow





ʼn Veiligheidswag  is  Dinsdag in die vroeë oggendure by die hek van ʼn veiligheidslandgoed  tussen  Waterval-Boven en Belfast in Mpumalanga vermoor. Brig.  Selvy  Mohlala,  woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die landgoed woon ook self  op  die  perseel  naby die waghuis by die hek. “Die eienaar het wakker geword van ʼn veiligheidshek  by  sy  huis  wat gebreek word. Hy het ook gehoor hoe geweerskote afgevuur word,” het  Mohlala gesê. “Hy het gaan ondersoek instel en die inbrekers het op die vlug geslaan.” Volgens Mohlala het die eienaar  ook glo geweerskote afgevuur wat die rede kan wees hoekom die inbrekers gevlug het, maar hierdie feit  is  nog nie bevestig nie. “Die  eienaar  het die 55-jarige  veiligheidswag  dood in die waghuis gevind. Sy hande en voete was vasgebind  en hy is aangerand,” het Mohlala gesê. Niks is op die toneel gesteel nie. Mohlala het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die Waterval-Bovenpolisiestasie  by  013  257 0001 te bel.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wag-by-landgoed-se-hek-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA