(Jwplayer)

March 8, 2016

#FarmAttack: Rooikop Area, Middelburg region: Woman fights off black attackers after three armed attackers stormed into her farmhouse, shooting at her



Vrou veg man alleen teen rowers

Internet image.
Sy word op versoek anoniem gehou omdat sy nie nog ongewensde aandag op haarself wil vestig nie. Die vrou bly alleen op ’n plaas in die Rooikop omgewing naby Uitkyk, sowat 50 km uit Middelburg.

Volgens een van die eerste boere op die toneel, Tooi Erasmus, het sy hom net na 23:00 gebel en gesê dat daar mans in haar huis is wat op haar skiet. Terwyl sy met hom praat kon hy die skote hoor klap.

Sy het Woensdagnag om en by 23:00 wakker geskrik van glas wat breek. Drie rowers het ’n venster in die woonkamer uitgeslaan en toe dadelik na die veiligheidshek gestorm en dit begin afbreek.

Die vrou het vertel hoe sy by haar slaapkamer deur uitgeloer het en drie donker figure by haar veiligheidshek in die gang gesien het.

Sy het dadelik op hulle begin skree, terwyl sy van haar slaapkamer na ’n ander vertrek gehardloop het om die kluis se sleutels te kry. Sy moes toe na ’n derde kamer hardloop om by die kluis uit te kom. Rowers het op haar geskiet van anderkant die hek toe hulle haar sien beweeg.

Nadat sy haar vuurwapen in die hande gekry het, kon sy daarin slaag om terug te skiet.

“Ons vermoed sy het dalk een raak geskiet, want nadat sy die skoot afgetrek het, het hy sy arms in die lug gegooi en begin skree. Toe hardloop hulle weg,” sê mnr. Du Toit.

Haar aanvallers het in ’n silwer BMW X5 met Gauteng registrasie nommers gevlug.

Polisie en boere het dwarsdeur die nag gesoek maar kon nie die voertuig opspoor nie.

Kapt. Lize de Witt van die Middelburg polisie het bevestig dat daar tans ’n klag van poging tot moord ondersoek word.

• Dit is die derde voorval op dieselfde plaas. Tydens die eerste een in 2008 is die vrou se man ernstig beseer toe hy raak geskiet is. Met die tweede aanval in 2011 het die vrou en haar man daarin geslaag om een van hul aanvallers dood te skiet. Die egpaar is intussen geskei en die vrou moes alleen teen haar aanvallers veg met die laaste voorval.
http://mobserver.co.za/44098/vrou-veg-man-alleen-teen-rowers/

#StopWhiteGenocideInSA