(Jwplayer)

March 11, 2016

#FarmAttack: Couple attacked by six black attackers on a smallholding outside Nigel

#StopWhiteGenocideInSA

Middeljarige egpaar op kleinhoewe buite Nigel oorval, beroof
Volgens A/O Grobler van Nigel SAPD het die ploteienaar pas van die dorp af teruggekeer en by ‘n waterpomp stilgehou.

‘n Onbekende man het in sy rigting gehardloop en skielik ‘n wapen op hom gerig. Hy het geld geëis en die ploteienaar beveel om huis toe te ry.

By die huis het nog vyf mans by hulle aangesluit en hulle het die ploteienaar se vrou in die sitkamer oorval. Sy is aan die hare van die bank afgeruk terwyl haar man se hande vasgebind is. Die rowers het ‘n tablet, selfoon en navigasietoestel gegryp en op geld aangedring.

Intussen het ‘n plaaswerker elders op die kleinhoewe, weggehardloop en dit het die rowers se aandag vermoedelik afgetrek. Hulle het in ‘n wit bakkie gevlug.

Hoewel die egpaar ongedeerd is, is hulle erg getraumatiseer. Die verdagtes is nog nie aangekeer nie en ‘n saak van huisroof word deur Nigel SAPD ondersoek.

http://heidelbergnigelheraut.co.za/12045/middeljarige-egpaar-op-kleinhoewe-buite-nigel-oorval-beroof/#.VuKZCNuk0vE.facebook

#StopWhiteGenocideInSA