(Jwplayer)

March 3, 2016

#ATTACK: White South African family wakes up with a gun to their faces:

#StopWhiteGenocideInSA

Goeie môre met ’n geweer

“Ek het altyd vir my man gesê dat my grootste vrees is om wakker te word met ’n booswig in my gesig,” het me. Patricia Mather gesê oor die gewapende roof.

Mather en haar 12 jarige dogter was in die vroeë oggend ure op 18 Februarie aan gehou deur twee gewapende mans.
Die rowers het toegang verkry deur ’n venster in die Mather’s se waskamer.

“Ek slaap bitter lig en het nie juis ’n geluid gehoor wat my wakker gemaak het nie, totdat ek die koue gevoel van ’n geweer teen my wang gevoel het,” het Mather veder vertel.

Haar man was daardie aand op bystand en is net na 22:45 uitgeroep.

“Ek het vir hom oopgemaak en dadelik weer in die huis gegaan, die deure gesluit en weer terug bed toe gegaan,” het sy gesê.

Haar dogter het by haar deur die nag in die bed geklim toe die rowers op hulle toesak. Albei vroumense ewe weerloos.

“Ek het net heeltyd by myself gebid dat hierdie wrede mans net niks aan my dogtertjie doen nie,” het sy met vrees in haar stem vertel.

Die rowers het vir Mather en haar dogter vasgemaak met kabel bande en die huis deursoek.
Die een rower wat by hulle in die kamer gestaan het, het heeltyd gevra “waar is die waardevolle goed”, waarop Mather moes verduidelik dat hul niks meer waardevol het behalwe die elektroniese goedere en selfone.

“Die rowers was darem glad nie aggresief nie maar ’n mens kan dit nie sê nie. Want hoekom het hy dan in die eerste plek ’n vuurwapen by hom,” het Mather vertel.

Die gewapende rowers het gevlug met meer as R35 000 se goedere.
Daar is nog geen arrestasies gemaak nie maar die polisie is besig met vedere ondersoek.

“My dogtertjie is in so ’n rammel. Sy kan nie in die aand slaap nie en ek dink dit gaan nog ’n rukkie neem voor alles normaal is,” het sy ten slotte gesê.

LEES OOK:
Twee minute roof
Kyk vir my gesig en ek skiet jou

http://witbanknews.co.za/61944/goeie-more-met-n-geweer/
https://www.facebook.com/boerekrisisaksie/posts/1328943693798839

#StopWhiteGenocideInSA