(Jwplayer)

March 4, 2016

#ATTACK: UPDATE: Black attacker to spend the next two decades in prison after brutal hate crime attack on Afrikaner hairdresser

Genocide Victim: Elzaan Smit
Elzaan Smit was so badly beaten, she lost her left eye. Some of her teeth were also knocked out.
The black attacker, Freddy Modikwe (27), was charged with attempted kidnapping and attempted murder after Smit was kidnapped in town and taken to a black village where he knocked her unconscious with a concrete block. She spend months in hospital and substained severe injuries so that she could not even testify in court...
#StopWhiteGenocideInSA
opvolg- Lang tronkstraf vir Elzaan se aanvaller

04 Mar 2016

Die man wat verlede jaar ’n gewese haarkapper van Bela-Bela wreedaardig aangerand en vir dood langs ’n treinspoor buite die dorp gelaat het, moet die volgende twee dekades in die tronk deurbring.

Elzaan Smit is só erg aangerand dat sy haar een oog verloor het. Van haar tande is ook uitgeslaan.

Freddy Modikwe (27), haar aanvaller, is van onder meer poging tot ontvoering en poging tot moord aangekla nadat hy Smit in die township op die dorp ontvoer en daarna met ’n betonblok bewusteloos geslaan het. Sy was maande lank in die hospitaal en het soveel skade opgedoen dat sy nie self in die hofsaak kon getuig nie.

Die hof het gehoor Smit en ’n vriend was die betrokke aand by ’n taverne in die township waar hulle gekuier het, maar die man het deur die loop van die aand gery. Dié man is nooit met die misdaad verbind nie.

Modikwe het haar later die aand genader en ten aanskoue van ’n klomp ander mense, weggeneem en aangerand.

Die hof het gehoor Modikwe het vorige klagtes van aanranding teen hom en getuies in die saak het getuig dat hy gewelddadig raak wanneer hy drink.

’n Voetganger het Smit die oggend ná die voorval by die treinspoor aangetref waarna die polisie ontbied is. Modikwe is kort daarna vasgetrek.

Hy is verlede jaar borgtog geweier en het op Maandag, 29 Februarie, in die streekhof skuld bekend op al die klagtes teen hom.

Landdros George Mogotlane het hom tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Renier Schutte was die onder-soekbeampte in die saak.

Smit het sedert die voorval talle rekon-struktiewe operasies ondergaan. Sy het onder meer maande in die provinsiale hospitaal in Polokwane en die George Mukhari-hospitaal in Garankuwa, naby Pretoria, deurgebring. Sy het egter goed herstel en het aan Die Pos gesê sy is positief oor die res van haar lewe. Sy was baie bly toe sy hoor wat haar aanvaller se vonnis is.

“Dit is regtig goeie nuus. Ek kan nie glo dat hy só lang vonnis gekry het nie. Hy het gekry wat hy moes kry,” het sy by navraag aan Die Pos gesê.

Sy moet in Mei nog ’n operasie aan haar gesig ondergaan. Smit woon tans by haar ma op Bela-Bela. Sy het aan Die Pos gesê dat sy sal begin werk soek sodra die operasie suksesvol afgehandel is.
http://diepos.linmedia.co.za/articles/crime/35718/2016-03-04/lang-tronkstraf-vir-elzaan-se-aanvaller

ALSO READ:
■ ATTACK: Update: #Afrikaner woman's face horribly mutilated in attack. Black attacker still behind bars


#StopWhiteGenocideInSA