GENOCIDE VICTIM: Afrikaner man: André van der Berg was brutally attacked and stabbed with a knife at home in the Moot in February 2016
Letsels na mesaanval
Pa en inwoner in die Moot praat oor blywende fisies- en psigiese letsels na mesaanval
Die slagoffer van ‘n wrede mesaanval in die Moot in Februarie is vol moed dat hy volkome sal herstel.
André van der Berg (44) se linkerhand is byna afgesny en hy moet leer om die hand weer te gebruik.
“Die senings van my gewrig is beskadig en ek ondergaan steeds terapie om weer my hand te kan gebruik,” sê hy.
“’n Mens moet maar aangaan en opkyk. Alles sal goed gaan as mens net positief bly.”
Van der Berg is na vyf dae in die intensiewe sorgeenheid by Montana privaat-hospitaal ontslaan nadat hy by sy woning in Riviera in ’n roof aangeval is.
Andry Louw, eienaar van Andry Louw Motors, het vroeër vertel hoe hy ’n bebloede Van der Berg in sy woning op ’n rusbank gevind het.
Twee verdagte mans het op ’n Vrydagaand toegang gekry tot die tuinwoonstel wat Van der Berg by Louw se huis huur.
“Hulle het vir hom gesê om stil te bly en toe hy skree, het hulle hom met ’n mes aangeval en gesteek,” vertel Louw.
Hy onthou nog die bloedspatsels teen die muur en Van der Berg bors wat deel oopgekloof is met ‘n mes. Sy linkerhand was byna afgesny.
Van der Berg sê ’n klag van poging tot moord is by die Moot-polisiekantoor gelê.
“Nadat die polisie)hier was die aand van die aanval, het ek niks weer van hulle gehoor nie.”
Van der Berg, pa van ’n agtjarige seuntjie, sê hy is bly om nog lewendig te wees.
“My hart is seerder as enige wonde aan my lyf. Ek mis my seuntjie, wat saam met sy ma weg is, onsettend baie.”
Van der Berg vertel die mesaanval was nog ’n terugslag na sy voormalige vrou verhuis het, maar sê hy bly positief.
http://rekordmoot.co.za/67973/letsels-na-mesaanval/?platform=hootsuite
ALSO READ:
#StopWhiteGenocideInSA