(Jwplayer)

March 27, 2016

#ATTACK: Afrikaner couple survived after being attacked by black terrorists at home in a security complex in Pretoria


Aanval in Pretoria veiligheidkompleks.
Philip de Kock en sy vrou is eergisteroggend, 25 Maart, om 3:45vm in hul huis in Pretoria deur `n onbekende hoeveelheid swart mans aangeval.

Toe Philip wakker skrik was een man bo-op sy vrou en `n ander een by hom.
Instinktief het hy sy pistool gegryp en op hulle losgebrand.
Hy vermoed dat hy 2 persone raakgeskiet het.
Die aanvallers het op die vlug geslaan en kon bo-oor die muur spring waar `n wagtende voertuig met al die aanvallers daarin daar weg is.
Die aanval het ongeveer 30 sekondes geduur.
Die buurman het die polisie gebel en die was baie vinnig op die toneel. 5 Polisiemanne het die toneel beset. Aanskouers / vriende wat opgedaag het, was verhoed om foto's te neem.
Die polisie het die mense vir 5 ure geïntimideer en probeer om allerlei sketse voor te stel om Philip te oorreed om te sê dat hy die aanvallers met intensie oorrompel en geskiet het.
Philip se wapen is deur die polisie gekonfiskeer op grond daarvan dat dit `n bewysstuk is van `n misdaadtoneel.

Die aanvallers het vermoedelik koeëlwerende klere gedra - daar was slegs `n klein bietjie bloed aan die bed - die polisie het dit uitgesny en "verwyder vir toetsing".
Daar was geen ander teken van bloed enige ander plek nie. Die "gewondes" kon sonder moeite oor die muur spring.
Die polisie was verbasend gou op die toneel.

Niemand van die gesin het seergekry nie.
Philip is nou ontwapen omdat hy homself en sy gesin verdedig het.
Die slagoffer van die misdaad is nou weerloos teen `n volgende aanval.
Indien `n kundige kan kommentaar lewer oor die moontlike motief en meriete van die die konfiskering van die wapen, sal dit waardeer word.

Sekuriteit opmerkings:
Daar was nie `n vroegtydige waarskuwingstelsel nie.
Die huis was op die een of ander wyse toeganklik.
Daar was nie kameras wat gewaarsku het of beeldmateriaal afgeneem het nie.
Die waarskynlikheid van vele ander sekuriteit-tekortkominge is goed (kennisgewings, hond, ens).
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1352688411424367&id=116298045063416&fs=0

#StopWhiteGenocideInSA