(Jwplayer)

March 29, 2016

#ATTACK: Afrikaner couple, Phillip & Bets de Kock (both 50) were attacked on Thursday at about 3:45 by three attackers in their bedroom in a townhouse in Wierda Park

Phillip, said a detective at the crime scene took his firearm for forensic investigation which can last from three weeks to three months because there is apparently a huge backlog at the forensic department. Phillip was upset about it because he said he needed the firearm to defend himself and those he loved if he needed to. "I have a right to life, a life that the Creator has given me."
The hole in the blanket is where the blood was of one attacker and cut out for forensic evidence
The bullet hole in a tile after Phillip shot at the attackers in his townhouse
One of the three attackers entered the home through this window...
#StopWhiteGenocideInSA


Die opgestopte kombers waaruit die polisie 'n groot stuk met die bloed van 'n rower gesny het, herinner 'n egpaar van Centurion daaraan dat hulle lig van die voorval afgekom het.

Phillip en Bets de Kock (albei 50) is Donderdag omstreeks 03:45 deur drie mans in hul slaapkamer in 'n meenthuiskompleks in Wierdapark oorval.

Bets sê toe die kamerlig aangaan, het sy begin "help" geskreeu. 'N man het haar mond probeer toedruk, maar sy het sy hande losgewikkel en hom gekrap.

"Dit was die één keer dat my luidrugtigheid (in die algemeen) tot my voordeel was."

Haar gille het Phillip wakker gemaak.

'N rower het met sy hele lyf op die bed geklim en Phillip het sy 9 mm-pistool onder sy kussing gegryp en hom twee keer geskiet.

Toe hy na die man by die kamerdeur skiet, het die koeël 'n teël in die badkamer oorkant die gang getref.

Die drie mans het oor twee tuinmure gespring, wat geëlektrifiseerde drade van die kompleksheining gebuig en die veld ingevlug.

Hulle is weg met 'n beursie en 'n selfoon.

Bets sê: "Ek het net twee kneusplekke. Ek sê dankie, want dit kon erger gewees het. "

Vermoedelik was 'n rower klein genoeg om deur die diefwering na binne te klim en 'n veiligheidshek vir die ander twee oop te sluit.

Die bloedkol wat die polisie uit die kombers gesny het, sal forensies ondersoek word.

Phillip, wat in die mynbedryf werk, sê 'n speurder het op die toneel gesê dit gaan "tussen drie weke en drie maande" neem om die geweer forensies te laat ondersoek, want daar is glo 'n groot agterstand by die forensiese afdeling.

Hy is ontsteld daaroor omdat hy die pistool nodig het om hom en sy vrou te verdedig. "Ek het 'n reg op lewe, 'n lewe wat die Skepper vir my gegee het."

Hy spreek sy prokureur vandag oor die saak.

Hy kon ook nie 'n kwitansie vir die wapen by die polisie kry nie.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, sê Phillip moet die saak persoonlik met die bevelvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor bespreek.

Sy sê as die wapen reeds vir 'n ballistiese ondersoek by die forensiese ondersoekers is, "is dit uit die polisie se hande".

Die polisie moet die regte prosedures volg (deur die wapen te laat ondersoek), maar kan nie kommentaar lewer op forensiese ondersoeke wat onder 'n ander afdeling val nie, sê sy.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/rower-op-egpaar-se-bed-geskiet-20160328

#StopWhiteGenocideInSA