(Jwplayer)

February 29, 2016

#MURDER: UPDATE: Afrikaner pensioner, Dirkie van der Merwe was attacked & killed on Friday night at her home in Ottosdal, Northwest. No arrests made!

#StopWhiteGenocideInSA

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord Vrydagaand op die 82-jarige Dirkie van der Merwe in haar huis in Ottosdal, Noordwes, nie. Sy is glo vir net R50 en ’n paar bronsmunte vermoor.

“Ons is verward en geskok,” het Andries Engelbrecht, haar skoonseun, Maandagoggend gesê. “Waarom ’n ou mens wat niemand skade aangedoen het nie, vermoor? Daar is nie antwoorde nie, ons weet nie wat in hul kop aangegaan het nie.”

Van der Merwe se aanvaller(s) het ’n handskoen en lap in haar mond gedruk en dit toegebind. Sy is ook verwurg, vermoedelik met ’n wit T-hemp wat by die liggaam gevind is. Haar hande en voete is vasgebind, sê Engelbrecht. Hy het Saterdagoggend op sy skoonma by die voordeur van haar huis afgekom.

Sowat R50 was weg uit Van der Merwe se beursie. Die aanvaller het die beursie met Van der Merwe se rybewys en kaarte in die huis gelos. Bronsmunte is ook uit ’n spaarbussie wat in Van der Merwe se slaapkamer gestaan het, gesteel.

Volgens Engelbrecht het die tuinwerker, net bekend as Jacob, Vrydag by Van der Merwe gewerk. Hy werk al 13 jaar lank vir haar. “Mense in die omgewing het hom in en uit die huis sien beweeg. Hy was Saterdag weer daar, maar toe hy geen lewe by die huis sien nie, het hy na my vrou by die apteek gehardloop.”

Laetitia Engelbrecht, Van der Merwe se dogter, is die plaaslike apteker. Volgens Andries is hy dadelik na die huis nadat Jacob alarm gemaak het. Daar het hy op sy skoonma afgekom en die polisie dadelik gebel. “Ons het baie goeie diens by die polisie, nooddienste en forensiese dienste gekry. Hulle was baie gou op die toneel. Die polisie was tot ná 18:00 besig.”

Daar was geen tekens van ’n inbraak in die huis nie. “My skoonma het altyd op die stoep gesit en lees totdat dit donker word. Daarna het sy gewoonlik die deur gesluit en later haar twee hondjies weer uitgevat. Ons vermoed sy is op die stoep oorval, want haar een skoen was op die stoep en haar liggaam in die huis, net waar ’n mens ingaan.”

Engelbrecht sê sy skoonma het 27 jaar in die huis gewoon. Sy het gesukkel om te loop. Haar drie dogters het haar die afgelope twee jaar al probeer oortuig om na ’n versorgingsoord te gaan.

Van der Merwe se twee ander dogters is Ronél, wat ook in Ottosdal woon, en Marlize wat in Hartbeesfontein woon. Van der Merwe word ook deur twee susters oorleef. Sy sal na verwagting Vrydag begrawe word.

Die polisie het Maandagoggend vroeg nog nie op navrae oor die moord gereageer nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bejaarde-van-ottosdal-glo-vir-r50-munte-vermoor-20160229

#StopWhiteGenocideInSA