(Jwplayer)

February 26, 2016

#FarmAttack: A well-known businessman is in hospital after he was attacked & seriously injured at his home yesterday. The 4 black attackers fled with rhino horns & firearms

 #StopWhiteGenocideInSA

Aanvallers buit renosterhorings tydens aanval op landgoed

‘n Bekende sakeman is in die hospitaal ná hy erg deurgeloop het onder gewapende aanvallers by sy huis gistermiddag. Die aanvallers het met ondermeer renosterhorings gevlug.
Dit was vermoedelik die hoofrede vir die aanval. Volgens ingeligte bronne is die man omstreeks 16:00 by sy huis op Uitsig Landgoed deur vier mans oorval. Een van hulle was gewapen. Hy is by die huis ingeboender en gedwing om sy kluis oop te sluit.
“Hulle het al sy vuurwapens gevat, asook renosterhorings. Hy is baie ernstig aangerand met ‘n bofbalkolf,” het een van die bronne gesê.
Die aanvallers is eers teen 18:00 daar weg. Die man se seun se meisie het omstreeks 18:45 daar aangekom en op hom afgekom. Die nooddienste asook Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit en Bossies Community Justice is na die toneel.
“Vyf vuurwapens, ondermeer jaggewere en ‘n haelgeweer, is versteek onder bosse by die heining gekry. Daar is ook ‘n juwelekissie gekry. Die renosterhorings is egter weg.”
Sover vasgestel kon word, het die man permitte vir die horings. Kapt. Dawie Pretorius, die stad se polisiewoordvoerder, sê hulle is egter nie seker of daar vier of ses horings gevat is nie. “Ons sal dit by die slagoffer moet vasstel en hy kon nog nie ‘n verklaring aflê nie.” Hy het bygevoeg dat ‘n saak van gewapende roof ondersoek word.
Die man is na Mediclinic Nelspruit geneem waar hy tans behandel word. Die toneel word na verneem word nog gefynkam vir moontlike leidrade.
http://lowvelder.co.za/317686/aanvallers-buit-renosterhorings-tydens-aanval-op-landgoed/

#StopWhiteGenocideInSA