(Jwplayer)

February 1, 2016

DOUBLE #FarmMurder: UPDATE: Farm killer arrested after escaping, one still at large



Verdagte in plaasmoorde vlug, weer vas

Een van die verdagtes in die dubbele plaasmoord op mnr. Ruben Gouws (65) en sy ma Hermien (88) van Pinevale op Ida op 14 Augustus verlede jaar, wat gister uit die aanhoudingsel op Indwe ontsnap het, is weer aangekeer.
Sers. Siphiwo Tomose het aan Landbouweekblad gesê dat twee aangehoudenes Sondagoggend uit die sel op die dorp ontsnap het. Een word van die Gouws-moorde aangekla. Hy is om 21:00 naby Indwe aangekeer. Die ander een is nog op vrye voet.
Tomose sê die verdagtes in die moord, Lusindiso Mbekeni (19), Sipho Zweni (22) en Siphosethu Matoni (24) sal Woensdag weer in die Indwe-landdroshof verskyn om vir uitstel van hulle saak aansoek te doen. “Sedert 2 September het hulle elke tweede week in die hof verskyn in afwagting vir ’n datum op die rol van die Grahamstad  se Hooggeregshof waar hulle verhoor sal word.”
Mnr. George Pansegrouw (66) van Treurfontein op Ida sê die inwoners is gisteraand per radio deur die polisie van die ontsnapping in kennis gestel. “Ons het ons werkers gevra om op ook op die uitkyk vir hulle te wees. Dit is ’n groot verligting dat een van hulle weer agter die tralies sit.”
http://landbou.com/nuus/verdagte-in-plaasmoorde-vlug-weer-vas/

#StopWhiteGenocideInSA