(Jwplayer)

February 7, 2016

#ATTACK: Good Afrikaner samaritan, Ingrid Vos robbed by two black female hitchhikers:



Ingrid Vos (63) van Vaalwater se goeie daad het in ’n nagmerrie ontaard toe sy deur twee vroue wat ryloop, beroof is. 
“Ek doen dit nie gereeld nie, maar op Vrydag, 29 Januarie, was ek van ons plaas op die Visgat-grondpad na Lephalale onderweg, toe ek besluit het om twee goedgeklede vroue langs die pad op te laai,” het Vos aan Die Pos vertel.
“Eers het ek ’n vrou van die buurplaas ’n geleentheid tot by die teerpad gegee. Net voordat ek haar afgelaai het, het sy gevra of ek miskien twee R5-muntstukke het in ruil vir ’n R10-noot. Ek het my beursie uit my handsak gehaal en kon haar gelukkig help. Daarna het ek my beursie sommerso los voor in die motor gesit,” het Vos gesê.
Kort nadat sy op die R33-pad na Lephalale gedraai het, het sy stilgehou om die rylopers op te laai. Hulle het aangedui dat hulle ook Lephalale toe wou gaan.
“Die vroue het albei baie goed Engels gepraat en was baie geselserig. Hulle het ge-oe en ge-aa op alles wat ek gesê het. Hulle het ná ’n ruk vreeslik opgewonde in Sepedi begin praat — só hard dat ek hulle naderhand moes vra om sagter te wees,” het ’n ontstoke Vos gesê.
“Net voor die afdraai van die Witklip-pad, het die vrou wat agter my gesit het, kliphard en aanhoudend ‘stop!’ geskree. Ek het groot geskrik, en gedink daar is iets ernstigs fout. Ek het dadelik die remme begin aanslaan. Ons koppe het letterlik geruk toe ons tot stilstand kom.”
Voordat Vos haar oë kon uitvee, het albei vroue uit die motor gespring en in die bosse langs die pad verdwyn. “Ek het gedink dat hulle darem verskriklik ongeskik is om nie eens totsiens of dankie vir die rygeleentheid te sê nie.”
Kort nadat sy die vroue afgelaai het, het Vos besef haar selfoon is weg. “Ek het begin rondsoek in die motor en naderhand stilgehou en my handsak agter die sitplek uitgehaal. Daar was niks in nie. Hulle het letterlik alles uit my handsak, asook van die agterste sitplek af, gesteel. Ek kon dit nie glo nie — tot ’n rol toiletpapier wat vir noodgevalle daar gelê het, was weg,” het Vos gesê.
“Ek het dadelik omgedraai toe ek besef ek is beroof en het op die plek waar die vroue uitgeklim het, begin soek. Ek het lank op en af gery om te sien of hulle nie weer ’n saamrygeleentheid by ’n ander voertuig probeer kry nie, maar hulle het soos mis voor die son verdwyn. Ek het gelukkig besef my beursie het steeds voor in my motor gelê, maar tot my leesbril was uit my handsak uit.”
’n Wielsleutel het wel op die agterste sitplek agtergebly en Vos sê sy was maar net te dankbaar dat sy nie ’n hou teen die kop daarmee gekry het nie. Sy sê dat sy nou nooit weer die fout sal maak om rylopers op te laai nie, al lyk hulle baie ordentlik en is netjies aangetrek. 
Vos en haar man, Nico, woon reeds 18 jaar in die Vaalwater-omgewing en sê hulle het nog nooit voorheen so iets beleef het nie, maar dat dit hulle baie negatief maak oor Suid-Afrika en sy mense.

http://diepos.linmedia.co.za/articles/crime/35306/2016-02-05/goeie-samaritaan-word-beroof --

#StopWhiteGenocideInSA