(Jwplayer)

January 9, 2016

#FarmAttack: Afrikaner Venter family attacked on their farm and terrorized & tortured for two hours. WEAPONS STOLEN. Blacks still at large


Gesin ure lank geterroriseer tydens plaasaanval
LOW’S CREEK – ‘n Gesin is die afgelope feesseisoen op hulle plaas aangeval en twee uur lank geterroriseer en gemartel voordat die aanvallers met hulle voertuig, verskeie vuurwapens en andere goedere op die vlug geslaan het.
Me. Sarie Venter het vertel dat sy en haar man, Bertie die aand van 20 Desember in hulle woonkamer gesit het toe vyf gewapende mans meteens op hulle afgestorm het. Haar ma van 83 jaar, haar skoonseun, sy twee kinders en ‘n vriendin het saam gesit en kuier.
“Twee van die verdagtes het vuurwapens gehad en die ander stokke. Hulle het ons almal beveel ‘om te gaan lê’. Hulle het ons juwele afgehaal en ons hande en voete met draad vasgebind. Die huis is geplunder en my man is gemartel totdat hy die kluis se sleutel oorhandig het.”
Sy het vertel dat Bertie geskop en met stokke geslaan is. Hulle het hom ook met twee handgemaakte messe met dik staallemme wat hulle in die kluis gekry het, geslaan. Die verdagtes het drie keer ‘n plastieksak oor sy kop gebind sodat hy moes sê “waar die geld is”.


“Hulle het ‘n pistool teen my kleinseun se kop gedruk en gesê hy moet wys waar die kluis is,” het sy vertel.
Sarie self is in die gesig geskop en op haar rug geslaan. “My agterstewe was blou geskop. Hulle het selfs my ma geslaan.” Sy het bygevoeg dat haar ma ‘n hele paar bloukolle opgedoen het, maar dat dit onder die omstandighede met haar goed gaan.

“Hulle is weg met ons jaggewere en handwapens. Hulle wou nog geld hê nadat hulle ons beursies en handsakke gevat het. Hulle het ook al ons elektriese toestelle en selfone gevat voordat hulle met ons Mahindra hier weg is.”
Haar skoonseun kon later daarin slaag om sy hande los te wikkel en het die res van die gesin bevry. Hy het gaan hulp soek by die bure wat toe die polisie en Securicon geskakel het.
Sarie het die liewe Vader bedank wat hulle lewens gespaar het, asook die polisie en mnr. Pieter du Plooy van Securicon wat vinnig op die toneel was.
Lees ook: Jaggeweer tydens plaasaanval gevat vir renosterstropery bestem
“Ons sê ook baie dankie aan die bure en ander inwoners van Honeybird vir hulle besoeke en hulp gedurende daardie nag en ook daarna,” het sy afgesluit.
http://lowvelder.co.za/309067/gesin-ure-lank-geterroriseer-tydens-plaasaanval/

#StopWhiteGenocideInSA