(Jwplayer)

January 28, 2016

#ATTACK: Young man attacked, tied up & threatened by two black attackers at his home in a complex in Reynorif

'One look at my face & I'll shoot 

you...'

CV221crs
#StopWhiteGenocideInSA

Kyk vir my gesig en ek skiet jou’


“My kat het my wakker gemaak voor die swart aanvallers my verras het,” het Avern Ashington gesê nadat hy die slagoffer van ’n gewapende roof op Saterdag, 23 Januarie was.

Volgens Ashington het hy omstreeks 03:40 wakker geword van sy kat wat ontsteld was. Hy het haar toe gevryf, op sy foon gekyk en omgedraai om verder te slaap

Die merke wat gelos is op Avern Ashington se arms na twee aanvallers hom Saterdag, 23 Januarie douvoordag vasgebind het in sy eie huis.

“Ek het geluide gehoor, maar het gedink dit is my kamermaat, Roelof Opperman wat inkom na sy nagskof,” het hy gesê.

Ashington het verder vertel,

“ek het net omgedraai toe ek ’n selfoon flitslig in my kamer sien.”

Avern het opgespring en begin skree toe hy die twee swart aanvallers sien, hulle het hom oorrommpel in sy bed en saggies ’n wapen op sy wang neergelê en gesê,

“bly liewer stil of ons skiet jou.”

Daarna het een van die barbare heel kalm en rustig deur die huis gedwaal en alles uitgekies wat hy wil vat, terwyl die ander barbaar by Ashington gesit het met ’n wapen.

“Ek het gehoor hoe die barbaar my huis se sleutel neem en die voordeur oopsluit,” het hy gesê.

Die barbaar is toe weer kamer toe waar hulle vir Avern vasgebind het met kleefband en ’n das voor hul uit sy woonstel is.

“Ek het net so bly sit in my kamer toe hulle met ’n lawaai weer inkom, maar die keer met die kompleks se hekwag.”

Die twee barbare het die hekwag glo oor die kop en rug geslaan en hom na Ashington se woonstel gesleep en vasgebind saam hom.

“Hulle het alles rustig gepak voor hulle gevlug het met my kar.”

Ashington is beroof van twee skootrekenaars, dvd-speler, twee plasma televisies, horlosies, ’n hardeskyf, I-pad, rekenaar-monitor en sy wit BMW 125i (registrasienommer, FJK 328 MP).

Dis nog nie bekend hoe die barbare toegang verkry het tot die kompleks nie, maar het deur Ashington se skuifdeur venster toegang verkry tot in sy huis. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Alles wat so gesteel word maak ’n mens negatief,” het sy kamermaat, Roelof Opperman ten slotte gesê.
http://witbanknews.co.za/60299/kyk-vir-my-gesig-en-ek-skiet-jou/

#StopWhiteGenocideInSA