(Jwplayer)

January 23, 2016

#ATTACK: Elderly man attacked by blacks & badly assaulted with a iron pipe outside his home

#StopWhiteGenocideInSA


Bejaarde met yster geslaan tydens aanval

Oop veld langs oord vir bejaardes, ’n veiligheidsrisiko vir Capital Park inwoners.

Na ’n vierde inbraak binne ’n week en aanval op ’n bejaarde man, eis inwoners van Capital Park dat die Tshwane-metro onmiddellik moet intree en help.

’n Man, diep in sy 70s, is Vrydagoggend net buite sy woning aangerand.

In Flowerstraat het Capital Park se bejaardes vir jare lank vreedsaam geleef, sonder vrees by Cappie-tehuis (Cappies). Dit is voordat ontwikkeling sowat drie jaar gelede deur die mat geval het en ’n stuk oop veld reg langs die oord leeg staan.

Die ongetemde stuk veld, sê inwoners, is ’n broeiplek vir vullis en onkruid en lok ook ongewenste misdadigers wat maklik in die lang gras skuil.

“Sedert Dinsdag verlede week het ons al vier inbrake hier gehad,” vertel een van Cappie-tehuis se inwoners, Jan Meyer.

In die vroeë oggendure verlede Vrydag het diewe weer toegang tot die oop veld langs die oord gekry. Die omheining is oopgeknip en die indringers het vinnig en maklik oor die muur van die oord gekom.

Inwoner Ronnie Golding het glo van ’n geraas buite sy huis wakker geword. Hy het opgestaan en uitgegaan om te sien wat die oorsaak van die geraas was toe hy vermoedelik deur twee mans buite sy huis betrap is.

Mark Gray, GPF patrollie-koördineerder, sê Golding is deur die mans oorweldig en met ’n yster geslaan.

Na die voorval aangemeld is, het Capital Park se sektorpolisiëring blitsvinnig gereageer.

“Binne minute was ons 12 patrolleerders saam met ’n paramedikus op die toneel,” vertel Gray.

Die beseerde bejaarde het verskeie wonde opgedoen. Sy aanvallers was reeds weg met gereedskap wat hulle uit ’n buitekamer gesteel het.

Capital Park-inwoners was vroeg in oproer oor die gebeure.

DA-raadslid Elma Nel het vroeër reeds die situasie van die oop veld onder die aandag van die metro gebring.

“Ons probeer om plakkers hier weg te hou,” sê Nel terwyl sy na die dig-bebosde veld wys wat met rommel bestrooi is.

Die groot gat in die heining is wyd genoeg dat sy saam met Gray en Mike Burt, voorsitter vir Capital Park-subforum, gemaklik kan deurklim.

Burt vertel dat ontwikkelingsplanne ’n paar jaar gelede gestaak is om ’n woonstelblok op te rig. Die veld staan van toe af leeg en inwoners voel dit is ’n onnodige vermorsing van bronne om in stand te hou.

Laat Vrydagmiddag, danksy inwoners se hulp om die saak te bespreek, is ’n skoonmaakspan gestuur om die vullis in die veld te verwyder.

“Ons sê baie, baie dankie aan ons raadslid Elma Nel wat altyd ons probleme opneem met die metro en so goed na ons omsien,” sê Elsa Minnie namens die waarnemende voorsitter van Cappie-tehuis.

“Dankie ook aan die GPF van Capital Park. Hulle was so vinnig na die voorval (Vrydagoggend) op die toneel. Hulle is werklik besonderse mense en ons is so dankbaar vir hulle.”

Minnie sê die bejaardes woonagtig by die oord is meestal vroue en in hul laat 60s en 70s.

Na die onlangse voorval en talle inbrake sê sy dat dit al gevaarliker vir inwoners by die oord word en hulle pleit dat die metro moet ingryp om hul inwoners te beveilig.
More by Corlia Kruger.
http://rekordmoot.co.za/63337/gemeenskap-staan-saam-na-aanval-op-bejaarde/

#StopWhiteGenocideInSA