(Jwplayer)

January 25, 2016

ANOTHER #MURDER: Elderly woman's (79) body found by daughter after she was attacked & strangled at home over the weekend

#StopWhiteGenocideInSA


Dogter kom op ma se lyk af

Die liggaam van ʼn bejaarde vrou van Vanderbijlpark is Maandagoggend deur haar dogter in haar huis aangetref. 

Lt.  Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 79-jarige vrou se liggaam is op haar bed aangetref. Sy is vermoedelik verwurg. 

 “Die  dogter het haar ma Vrydag gesien toe sy vir haar kos gevat het. Oor die naweek het sy met haar ma in verbinding  probeer tree,  maar kon haar nie in die hande kry nie,” het Lephoto gesê. “Sy is Maandagoggend na haar ma se huis toe, maar die huis was gesluit. Sy kon egter haar ma deur die venster bewegingloos op die bed sien  lê.” Die dogter het die polisie gebel en met hul aankoms het hulle die deur oopgebreek en op die vrou se liggaam afgekom. 

“In  hierdie  stadium  is dit  nie  duidelik  of  enigiets  uit  die  huis  gesteel  is  nie.  Ons  wag  nog vir die familie  om eers die huis te deursoek voordat ons kan bepaal of iets vermis word,” het Lephoto gesê. “Dit kom voor asof die verdagtes deur ʼn venster toegang tot die huis verkry het.” Lephoto het gesê van die vrou se bure het beweer hulle het haar nog Saterdag lewend gesien, maar dit is nie duidelik  wanneer die moord gepleeg is nie. 

“’n Nadoodse ondersoek sal moontlik die tyd van die oorledene se dood bepaal,” het hy gesê. Die naam van die vrou kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dogter-kom-op-ma-se-lyk-af/

#StopWhiteGenocideInSA