(Jwplayer)

January 24, 2016

ANOTHER #MURDER: Afrikaner man, Pikkie Nel (70) was attacked & killed by blacks in Pietersburg

His body was found tied up, severely assaulted with multiple stab wounds -Pietersburg

#StopWhiteGenocideInSA

Oud-liggaamsbouer in Polokwane vermoor
Pikkie  Nel (70),  ‘n  oud-liggaamsbouer  van Polokwane, is Vrydag by ʼn spruit  in  dié  stad  vermoor toe hy gaan visvang het. “My pa is die oggend omstreeks 08:00 uit die huis uit om te gaan visvang by die spruit,”  het  Jeanette  Nel,  Pikkie  se  dogter,  Sondag aan Maroela Media gesê. Haar pa het glo Woensdag die spruit ontdek naby Ladanna, waar hulle woon. “Teen 10:15 het my ma hom gebel om te hoor of hy al iets gevang het. Hy het gesê hy het inderdaad  kurpers gevang, maar wou nog ʼn rukkie by die spruit vertoef.” Teen 13:00 was Pikkie nog steeds nie by die huis nie, en sy selfoon was afgeskakel. Jeanette  en haar ma is die aand om 19:30 ingelig dat ʼn liggaam gevind is. “ʼn  Verbyganger het die polisie ontbied nadat ʼn liggaam in ʼn rivier gevind is,” het kapt. Mohlaka Mashiane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die man se liggaam was vasgebind en hy het verskeie  steekwonde gehad.” Jeanette  het gesê haar pa was ʼn groot man. “Hy het ongeveer 120 kg geweeg en hy het sy vuurwapen by hom gehad,”  het  sy verduidelik.  “Dit  moes ʼn paar mans wees wat hom aangeval het.” Volgens Mashiane is dit egter nog nie duidelik hoeveel mans Pikkie aangeval het nie.
“My pa is baie erg aangerand,” het Jeanette bygevoeg. “Hy het baie sleg gelyk  toe ons hom Saterdag moes gaan uitken. My ma is in skok en ek slaap  al  vir  twee dae nie.” Pikkie  het  in  1970 saam met Arnold Schwarzenegger deelgeneem aan die  Mnr. Heelal-kompetisie. Mashiane het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/oud-liggaamsbouer-in-polokwane-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA