TLU SA wil regsadvies inwin oor hoe ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval mag optree wanneer geweldsmisdaad dreig.
TLU SA het ná ʼn “spoedvergadering” in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes.
Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, is daar reeds 62 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor. “In November is 7 mense op plase vermoor, terwyl daar 31 aanvalle was waarvan ons bewus is. Vir Desember is daar reeds 5 plaasmoorde aangemeld, terwyl daar ook reeds 18 plaasaanvalle was.” Geldenhuys het gesê TLU SA beplan om regsadvies in te win oor die sogenaamde “redelike persoon”-toets.
“TLU SA beplan om regsadvies in te win ten opsigte van wat in sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens’ sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot welke mate die optrede van misdadigers grens aan ‘terrorisme’,” het Geldenhuys gesê.
Howe gebruik die “redelike persoon”-toets om nalatigheid te meet. Die hof probeer bepaal of die “redelike persoon” ʼn situasie sou kon voorsien en hoe die persoon sou optree.
Geldenhuys het ook ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp en plaasmoorde en -aanvalle te verdoem en te verwerp. “Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veiligheid van die land se voedselprodusente te verbeter nie.” TLU SA oorweeg ʼn verskeidenheid optredes om die openbare en internasionale aandag te fokus op die lot van plaasbewoners, die buitengewoon wreedaardige aard van die misdade en, in baie gevalle, die onbevredigende reaksie van die SAPD.
Hy het boere versoek om uiters paraat te wees tydens die feesseisoen.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasmoorde-wat-mag-slagoffer-doen/
■ 30 November 2015: 59 Farm Murders, 271 Farm Attacks in South Africa this year !
Murders of white farmers by black-militia gangs soar to 132,8 per 100,000: report to United Nations, Geneva
01 January to 30 November 2015:
59 #FarmMurder
271 #FarmAttack
01 December to 10 December 2015
06 #FarmMurder
16 #FarmAttack
TOTAL:
65 #FarmMurder
287 #FarmAttack
☆ These figures represent 10% of all commercial farmers in South Africa. More shocking statistics suggest that a farmer’s chances of being murdered are double that of a police officer. Farm attacks are often associated with extreme levels of violence and brutality.
~Carte Blanche 17 May 2015
■Liedjie Skrywer en Nuweling Sangeres stel Liedjie vry vir Boere
#StopWhiteGenocideInSA