(Jwplayer)

December 22, 2015

#FarmMurder: UPDATE: Daughter of murdered Bon Accord Afrikaner farmer criticise police for deliberately failing to make any progress or arrests

AFRIKANER farmer, Johan Coetzee was brutally beaten to death with a shovel

Die dogter van Johan Coetzee, ʼn boer wat in Mei vanjaar wreed op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor is, het gesê die polisie  is  opsetlik  laks  om  haar pa se moordenaar vas te trek. 

Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/graafmoord-hy-was-n-liefdevolle-mens/) Coetzee (62)  se  liggaam  is  deur een van sy dogters, Riëtte Atkins, die middag in die varkhok op sy plaas aangetref,  nadat  sy  hom nie in die hande kon kry nie. Hy is vermoedelik met ʼn graaf doodgeslaan. Coetzee se kluis was met ʼn slypmasjien oopgesny en ʼn werker se paspoort en Coetzee se vuurwapen is gesteel. Sy twee selfone is ook gesteel. 

Atkins  het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie sloer sedertdien met die ondersoek en maak geen daadwerklike plan om haar pa se moordenaar vas te trek nie. “Ons is vas oortuig dit is die werker wat by my pa gewerk en ook op die plaas gebly het, wat agter sy  moord sit,”  het sy gesê. “Een van die huurders wat ook op die plaas gebly het, het hom [die werker] nog daardie oggend by die varkhok gesien. Sedert die moord het hy en sy vrou verdwyn.” ʼn Polisieverslag  wat  in  Maroela Media se besit is, dui ook aan dat die werker die enigste verdagte in  die  moordsaak is. 

Atkins  vertel  dat  sy  gereeld sedert haar pa se moord sy selfoon skakel. Die foon is deur die loop van die dag afgeskakel, maar lui wel ná 18:00.
“Die  polisie  het  ‘n  dag  ná die moord die selfoon opgespoor by ʼn adres in Musina, maar weke geneem om uiteindelik daarheen te ry. Hulle het teruggekom en bloot gesê daar bestaan nie so ʼn adres  nie,”  het  sy  gesê. “Een aand in Augustus, toe ek my pa se foon skakel, het die foon weer eens net gelui. Ek het ’n SMS gestuur  om te sê dat ek na hom soek. Ná ‘n ruk het iemand my van my pa se selfoon af gebel, maar vinnig  doodgedruk voordat ek kon antwoord. ʼn Minuut daarna het die man my van ʼn ander nommer gebel,” het sy bygevoeg. “Ek  het vir hom gesê ek werk vir ʼn werwingsagentskap en het werk vir hom. Ek het die nommer toe op my foon gestoor en kon op die persoon se WhatsApp-profiel sien dat dit wel die werker is wat vir  my pa gewerk het.   Ek het hierdie nommer en die foto op sy WhatsApp vergroot en uitgedruk en vir  die polisie  geneem. Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is die moordenaar, julle kan hom in hegtenis gaan neem’. Maar hulle het niks daaraan gedoen nie.” 

Sy vertel  dat een van die polisiebeamptes gesê het sy moet probeer om die man te kry om haar êrens  te ontmoet en dan moet sy die polisie bel om hom in hegtenis te kom neem. “So, die polisie gebruik  my nou om ʼn lokval vir ʼn moordenaar te stel? Hy het my pa se vuurwapen gesteel, so hy sal waarskynlik  die  vuurwapen by hom hê. Wat as hy my skiet? Gee die polisie nie om vir my veiligheid nie?”  het  sy  ontsteld  bygevoeg. 

Volgens Atkins het die speurder wat aanvanklik aan die hoof van die moordsaak was, intussen bedank. Die dossier is ook nog nie amptelik aan iemand anders oorhandig nie. Dit maak dit vir haar nog moeiliker om navrae by die polisie beantwoord te kry. Sy beweer ook dat dit byna onmoontlik is  om die bevelvoerder van die betrokke stasie in die hande te kry en dat haar vrae oor die saak meestal onbeantwoord bly. Met Maroela Media se navraag aan die provinsiale polisiewoordvoerder het dit aan die lig gekom dat  die saaknommer verkeerdelik as ʼn saak van roof geregistreer is wat dit bemoeilik om die vordering  van die saak na te gaan. Maroela Media wag nog op kommentaar van die polisie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/polisie-laks-om-plaasmoordenaar-vas-te-trek/

ALSO READ:
Update:  farmer of Bon Accord, north of Pretoria, was beaten to death with a shovel

Genocide in South Africa 1 - 31 MAY 2015 ; 22 innocent white people were murdered by black attackers

#StopWhiteGenocideInSA