(Jwplayer)

December 22, 2015

#FarmAttack: Rina Ungerer (73) was attacked & brutally assaulted by a farm worker on 13 December on their smallholding outside Naboomspruit


Rina Ungerer (73) is Sondag op hulle kleinhoewe buite Mookgophong deur ‘n plaaswerker aangerand na ‘n gruwelike misverstand

Rina Ungerer (73) is Sondag op hulle kleinhoewe buite Mookgophong deur ‘n plaaswerker aangerand na ‘n gruwelike misverstand.

Rina en haar man Jan (75) huur die kleinhoewe op Columbia kleinhoewes.

Jan vertel Maandag aan Bosveld, “die eienaar van die kleinhoewe se werkers het Sondagmiddag lusern vir die vee kom aflaai waarna Rina vir hulle gesê het die lusern is kaf, van swak kwaliteit.

“‘n Misverstand het toe ontstaan, want die verdagte reken Rina het toe die gewraakte K-woord gebruik. Hy het haar aan die keel gegryp en twee keer oor die gesig geslaan.”

Jan sê Rina het aanhuis vir hom vertel wat gebeur het en die merke op haar gesig was duidelik sigbaar. “Ek loop toe dadelik om hulle te konfronteer, toe die verdagtes in hulle voertuig spring en ons probeer omry.”

Die Mookgophong polisie sê ‘n saak van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer is oopgemaak. Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die polisie is warm op die verdagtes se spoor. http://capricornreview.co.za/76905/misverstand-op-hoewe-lei-tot-vrou-se-aanranding/

#StopWhiteGenocideInSA