Eers het ʼn 19-jarige seun vroeër vanjaar hom en sy weduwee-ma teen aanvallers op hul kleinhoewe in Limpopo beskerm en ʼn verdagte doodgeskiet.
Dinsdagoggend het drie van vyf swart verdagtes hulself teen sy oom se haelgeweer vasgeloop toe hulle ná ʼn beweerde huisbraak op die oom losgebrand het.
Die jongste voorval het omstreeks 03:30 op Steelpoort naby die laerskool afgespeel. Wayne Farmer (41), die bestuurder van Burgersfort Electrical and Plumbing, het in die vroeë oggendure wakker geword toe sy honde erg begin blaf het. Farmer, ook ʼn wildboer en professionele jagter, het aan Maroela Media gesê sy bure is al ʼn paar dae uitstedig en hulle het hom gevra om na hul troeteldiere om te sien terwyl hulle weg is. “Ek het gaan kyk wat my honde ontstel. Buite het ek my buurman se huisalarm gehoor. Ek is dadelik terug in my huis in om my haelgeweer uit die kluis te gaan haal,” het Farmer gesê. Toe hy in sy buurman se erf inkom, het die honde stil eenkant in ʼn hoek gesit. Later is vasgestel die honde is vergiftig.
“Ek het die huis stadig genader om te kyk wat aangaan. Toe ek om die hoek loer, staan daar een swart verdagte by ʼn oop venster wat hulle gebreek het. Die diefwering was oopgebuig.” Farmer het op die verdagte geskreeu en gevra wat hy daar soek. Die verdagte het dadelik laat spaander na die hoek van die erf waar dit donker was. “Twee van sy makkers het skielik by die venster uitgespring en op my begin skiet. Ek het in hul rigting teruggeskiet. Nog twee verdagtes het toe by die venster uitgespring en op my geskiet.
Ek het net vier patrone by my gehad. Nadat ek al vier rondes in hul rigting gevuur het, het ek in my huis in gehardloop, die deure gesluit en die polisie gebel.” Farmer het toe nog nie geweet twee verdagtes is noodlottig gewond nie. Intussen het die buurman se veiligheidmaatskappy op die alarm gereageer en beamptes van die Burgersfort-polisie was kort daarna op die toneel. Die polisie is eerste die huis in om hul ondersoek in te stel. Toe dit begin lig word, is Farmer omstreeks 05:20 in kennis gestel twee verdagtes se liggame is op die buurman se erf by die grensdraad aangetref. Albei verdagtes het vuurwapens in hul hande gehad. “Twee van die bure se honde het kort daarna begin stuiptrekkings kry, braak en hul monde het geskuim. Ons het besef hulle is vergiftig en kon hulle darem betyds behandel sodat hulle nie vrek nie.”
Farmer het gesê hy is getraumatiseer deur die voorval, maar is darem nie tydens die skietery beseer nie. “Die Here se hand is groot. Hy het my beskerm,” het Farmer gesê.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ons kan bevestig dat twee verdagtes dood is. Die mans het nie identiteitsdokumente by hulle gehad nie en hul ouderdomme is onbekend. Ondersoek sal ingestel word om hul identiteit te bepaal,” het Otto gesê. Otto het bygevoeg die vermoede bestaan dat nog een verdagte gewond is. Die drie wat ontsnap het, is nog soek. Die polisie is nog besig om vas te stel of enigiets uit die huis vermis word. Volgens Otto is dit standaardprosedure om ʼn saak van moord te registreer waar verdagtes tydens ʼn voorval doodgeskiet word. Die senior staatsaanklaer sal dan besluit of daar teen die skieter opgetree moet word.
Intussen wag Farmer se niggie se seun, Sean Bates (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/seun-skietverdagte-dood-tydens-hoewe-aanval/) (19), nog om sy lot te hoor nadat hy in April vanjaar ʼn 30-jarige verdagte op hul kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) geskiet het. Maroela Media het destyds berig Bates, ʼn tegnikus, en sy ma, Sandra, was op 9 April die oggend alleen op hul kleinhoewe in die Tweefonteinomgewing waar hulle al 11 jaar woon, toe twee mans hulle omstreeks 03:00 oorval het terwyl hulle geslaap het. Bates se pa is vier jaar gelede oorlede weens ʼn hartaneurisme. Die mans het toegang tot die huis verkry deur die diefwering by die sitkamer oop te sny. Van daar is hulle na die kombuis waar een van hulle ʼn mes gevat het. Die ander man het ʼn hamer gehad. Bates het destyds aan Maroela Media gesê die verdagtes is eerste na sy kamer waar hulle sy
kamerdeur met die hamer oopgeslaan het. Bates en sy ma het van die lawaai wakker geword en besef daar is moeilikheid. “Dit het alles so vinnig gebeur. Ek het begin wakker word toe die mans my op my bed oorval het. Ek het op my rug gelê en hulle probeer afweer deur hulle te skop. Hulle het my oorweldig en ek het ophou terugbaklei.” Een van die mans het Bates aangehou terwyl die ander sy kamer geplunder het. Sandra het haar intussen in haar slaapkamer toegesluit en begin skreeu, waarna die mans op haar afgestorm het. Dit het Bates genoeg tyd gegun om sy vuurwapen uit sy kluis te kry. “Ek was in die gang op pad na my ma se kamer, toe een van die mans op my afstorm. Ek het ʼn waarskuwingskoot afgevuur, maar hy het steeds na my toe gekom. Ek het hom toe een keer in die bors geskiet. Dit het hom ook nie gestuit nie, waarna ek nog ʼn skoot afgevuur het,” het Bates verduidelik. Albei mans het hom oorweldig en op sy bed vasgepen. Die verdagte met die mes het Bates op sy bed aangeval en begin steek. Bates het snywonde aan die agterkant van sy kop en op sy linkerelmboog opgedoen. “My ma het in daardie stadium op die een of ander wyse die mes uit die man se hande gekry. Hulle et toe my DVD-speler onder my televisie uit gegryp en my oor die kop begin slaan daarmee. Ek het nog ʼn skoot afgevuur waarna hulle weggehardloop het.” Die verdagtes is by dieselfde venster uit as waardeur hulle toegang tot die huis verkry het. “Een van hulle het buite die huis inmekaargesak. Sy medepligtige het hom nog probeer help en so ’n paar meter ver gesleep, maar daarna agtergelaat en weggehardloop toe hy besef die man is dood.” Dié verdagte het met Bates se skootrekenaar, beursie en tabletrekenaar weggekom. Bates is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy sowat 22 steke aan sy kopwond en sewe steke aan sy elmboog moes kry. ʼn Saak van moord is teen Bates aanhangig gemaak. Sandra het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar seun is nog nie aangekla nie, maar alles is nog hangende by die senior staatsaanklaer om te besluit of hy uit selfverdediging opgetree het.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/familie-speel-nog-n-keer-klaar-met-rowers/
ALSO READ:
■Survived: Afrikaner technician Sean Henry Bates 19, charged with self-defence death of black attacker after fierce battle in homestead
http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/3495#CWbsXRZfIRTf9KiR.99
#StopWhiteGenocideInSA