(Jwplayer)

December 1, 2015

#ATTACK: Afrikaner lawyer's wife & daughter were attacked & threatened with a machete at home in Bloemfontein



BFN MA, DOGTER IN HUL HUIS DEUR SWART AANVALLERS OORVAL EN BEROOF

’n Bekende Bloemfonteinse prokureur se vrou en dogter is Sondagoggend in hul huis in Langenhovenpark deur drie gewapende swart mans oorval en beroof terwyl hy in die kerk was.

Jacques Nortjé, ’n direkteur van die regsfirma Kramer Weihmann & Joubert, se vrou, Luzanne, en 16-jarige dogter, Lurize, is met ‘n panga aangehou en met die dood gedreig voordat hul woning gestroop is.

Nortjé het by die huis gekom en onraad vermoed toe hy gesien het die voordeur staan oop en die TV-stelle is van die mure afgeruk.

Die aanvallers het met R3 000, drie jaggewere en ’n rewolwer sowel as twee selfone, twee tabletrekenaars, drie TV-stelle, twee skootrekenaars en juwele gevlug.

Netwerk24 berig Luzanne en Lurize is deur die rowers rondgepluk, maar is andersins ongedeerd. http://100punt6.co.za/bfn-ma-dogter-in-hul-huis-deur-rowers-oorval-en-beroof/

#StopWhiteGenocideInSA