(Jwplayer)

December 13, 2015

#ATTACK: Afrikaner elderly woman (67) in hospital after being attacked by a black attacker &repeatedly beaten with a brick, left for dead





Bejaarde in hospitaal ná aanval
Gewelddadig met baksteen geslaan

13 Desember 2015 23:04
Hoopstad. – ’n Bejaarde vrou is hier met ’n baksteen aangerand en vir dood agtergelaat skynbaar sonder dat haar aanvaller iets van waarde gesteel het.

Dirk Venter, ’n sakeman, het Sondagmiddag gesê sy skoonma, Adri Maree (67), is Saterdag omstreeks 16:30 oorval en deur ’n onbekende aanvaller gewelddadig met ’n baksteen in haar gesig en oor haar kop geslaan.

Maree werk in Venter se slaghuis op die dorp en is Saterdagmiddag ná 16:00 huis toe. Sy het reeds haar motor in die motorhuis getrek toe sy oorval is. Die slot van die motorhuisdeur was ingehaak, maar nog nie toegedruk nie.

Maree het deur die nag met erge kop- en gesigsbeserings voor die motorhuis gelê en is eers die volgende oggend ná die NG kerk Hoopstad se erediens gevind.

’n Kollega van Maree, Jacques van Staden, het opgemerk dat Maree nie die diens bygewoon het nie en het na haar gaan soek. Die NG kerk en Maree se huis in Pieterse-straat is langs mekaar.

Van Staden het gesien die hek na die erf is oop en het op Maree afgekom waar sy bebloed by die motorhuisdeur gelê het.

Venter en sy vrou, Irena, het die diens in die Gereformeerde kerk Bultfontein bygewoon en is Sondag net ná 11:00 van die slegte nuus verwittig. Die egpaar het hulle terug na Hoopstad gehaas.

Die nooddiens en ’n dokter was volgens Venter reeds op die toneel.

Maree is per ambulans na die Mediclinic Bloemfontein geneem. Teen druktyd was dokters nog besig om op haar te opereer.

Volgens Venter was sy by haar bewussyn en kon sy met hulle gesels.

Sy het net een aanvaller gesien.

Sover vasgestel kon word, is daar moontlik ’n selfoon gesteel, maar Venter sê die foon kan nog in die huis wees.

Sy skoonma se handsak, die voertuig en ander waardevolle eiendom is onaangeraak. Dit lyk nie of die aanvaller in die huis ingegaan het nie.

Die polisie het die voorval bevestig. 
Netwerk24


#StopWhiteGenocideInSA