(Jwplayer)

November 27, 2015

SA Police negligence: Missing murder dockets found dumped in bushes




VYFJARIGE KOM AF OP VERMISTE MOORDDOSSIER
Die polisie wys vinger na die vervolgingsgesag, maar dié wys weer die vinger terug na die polisie oor dele van ’n moorddossier wat langs ’n pad in Port Elizabeth gevind is.
Intussen is ’n pa van hier maar net te dankbaar sy kleuterdogter het nie die gruwelfoto’s gesien in die dokument wat hulle in Albanyweg in Sentraal opgetel het nie.
“My dogtertjie van vyf het vanoggend saam met my en my vrou gestap toe sy buk om die papiere wat tussen die bosse lê, op te tel,” het die man (45), wat anoniem wil bly, gister vertel.
Die “papiere” was deel van ’n dossier oor ’n saak wat in 2012 by die polisie in Motherwell geopen is en bevat foto’s van die moordtoneel en die oorledene.
“My vrou het vir my dogter gesê om nie daaraan te vat nie, want dit is vuil,” het hy gesê.
Hy het die papiere dadelik by haar geneem en met ’n skok besef wat die dokumente is.
By navraag het die polisie bevestig dat die foto’s deel is van ’n moordsaak.
“Die dokument het weggeraak ’n week voordat die verhoor op 9 November vanjaar begin het,” het ’n polisiewoordvoerder, kapt. Andrè Beetge, gesê.
“Dit kan gelukkig nie die hofsaak beïnvloed nie omdat daar vooraf afskrifte van gemaak is. Die saak is naby aan uitspraak.”
Volgens Beetge het die dokumente nie by die polisie weggeraak nie en moet die nasionale vervolgingsgesag daarvoor pa staan.
Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die polisie moet die vraag beantwoord
https://facebook.com/story.php?story_fbid=837560989675628&id=677138845717844

#StopWhiteGenocideInSA