(Jwplayer)

November 9, 2015

DOUBLE #MURDER: Afrikaner couple were shot dead in front of daughter (12)

" Elsabe was shot twice in the head.
My brother, Jaco kept on fighting, they then shot him twice in the stomach ....Carolize tried to run away but they shot her in the legs, They also opened fire on the neighbors, but as far as we know, no one was 
injured "




ʼn Man en vrou van Fochville in Gauteng is Saterdagaand ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet.


ʼn Man en vrou van Fochville in Gauteng is Saterdagaand ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet.

 Jaco  van Eeden (47) en Elsabé Muller is albei op die toneel dood, nadat drie gewapende mans vermoedelik tydens ʼn mislukte kaping  op hulle losgebrand het. Muller se dogter, Carolize, is  ook in  die  voorval  geskiet. 

Johan Van Eeden, Jaco se broer, het aan Maroela Media gesê Jaco,  Elsabé  en Carolize  het Saterdagaand omstreeks 22:00 by die  huis  aangekom nadat hulle by vriende gebraai het. “Soos ons verstaan,  het  hulle  in  die  oprit  stilgehou  toe  ʼn  BMW agter hulle stilgehou  en  twee gewapende rowers uitgeklim het,” het Johan gesê. “Later  het  ʼn derde verdagte glo opgedaag, maar ons is nie heeltemal seker hoeveel rowers daar was nie. My broer het die motor se sleutels in die erf in gegooi en die rowers het hul vuurwapens op die paartjie  gerig.  ʼn  Struweling  het  ontstaan  en Elsabe is twee keer in die kop geskiet. My broer het  aanhou baklei en hulle het hom twee keer in sy maag geskiet.” 

 Volgens Johan het die bure uitgekom nadat hulle die skote gehoor het en die drama in die oprit langsaan  sien  afspeel  het.  “Carolize  het  probeer  weghardloop en die rowers het haar in haar bene geskiet,”  het  hy  gesê.  “Hulle  het  glo  ook op die bure losgebrand, maar sover ons weet, is niemand anders raakgeskiet  nie.  Die  rowers het toe met Elsabe se handsak gevlug. Hulle het nie die motor gevat  nie.”

Johan het gesê Jaco het nog geleef met polisiebeamptes se aankoms op die toneel, maar is kort daarna dood. “Ons is nie seker  hoe dit met Carolize gaan nie, maar sover ons weet is sy buite  gevaar.  Hoe dit emosioneel met haar gaan, sal ek nie kan sê nie,”  het  hy  hartseer  gesê.  Hy het gesê die familie het later inligting  gekry  dat  Elsabe  se  handsak in Midrand gevind is, maar hy weet nie of die polisie al die inligting  kon  bevestig  nie. Geen begrafnisreëlings  is  sover  getref  nie,  aangesien  die nadoodse ondersoeke nog afgehandel moet word en die familie nog wag vir Jaco en Johan se broer om van Australië te kom. Jaco  was die pa van twee kinders, ʼn 22-jarige dogter en 25-jarige seun. Die polisie  kon  nie onmiddellik  vir  kommentaar bereik word nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/paartjie-ten-aanskoue-van-dogter-12-doodgeskiet/

#StopWhiteGenocideInSA