(Jwplayer)

November 18, 2015

#ATTACK: Survives: Afrikaner farmer kidnapped, held at gunpoint by black attackers at Witbank




Weerlose boer maak ’n plan
’n Plaasboer is die afgelope week oorval deur twee roofsugtige mans.
In mnr. Jacobus Taljaard se lewe as ’n boer is daar net een dag ’n week toegewy aan inkopies en om in te gaan dorp toe. Op Donderdag 5 November was hy oppad terug plaas toe na ’n dag in eMalahleni toe hy op die hoek van Walter Sisulu- en Bothastraat deur twee mans oorval is.
Die eerste verdagte het hom glo benader, terwyl die tweede verdagte toegang verkry het deur die pasassiersdeur. Die tweede verdagte het ’n vuurwapen teen Taljaard se maag gedruk en gesê “ry of ek maak jou dood.”
Taljaard het die kapers se bevele nagekom en gery, die rowers het hom gelei na ’n verlate huis naby die SARS-kantore. Hulle het Taljaard uit sy voertuig getrek en hom binne in die huis ingeneem waar nog twee onbekende mans was.
“Ek het nie eintlik geweet waar ek is nie,” het Taljaard gesê.
In die verlate huis het die rowers sy klere uitgetrek en vir hom ’n kombers gegee om hom in toe te maak,
“toe hulle my vra om ontslae te raak van my klere het ek die ergste gevrees oor wat hulle met my gaan maak,” het Taljaard bygevoeg.
Na bewering voor die vier verdagtes gevlug het, het hulle Taljaard gedreig om nie te beweeg of enige iets snaaks te doen nie en hom besteel van sy selfoon, bankkaarte, R200 kontant en sy Tablet.
Dalk weerloos en naak maar steeds het hierdie boer ’n plan gemaak en dadelik vir een van die verdagtes gesê dat dit nie ’n goeie idee was om sy voertuig te vat nie. Hy het die rowers afgeskrik om hulle bewus te maak van die opsporingstoestel in sy bakkie.
Die vier verdagtes is toe te voet daar weg.
Nadat Taljaard gehoor het alles word stil en rustig het hy sy klere gaan soek en met ’n haas in sy bakkie geklim reguit Witbank Polisiestasie toe.
“Twee van die rowers se gesigte sal ek herken as ek hulle sien, een van die mans het ’n grys baadjie gedra met plakkies en is so 1.8 meter lank. Die ander rower het ’n blou en wit sweetpak aan gehad,” het Taljaard ten slotte gesê.

#StopWhiteGenocideInSA